JOU DAG

Probeer vandag om jou voete vas op die grond geplant te hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wees voorbereid vir skielike veranderinge en onverwagte gebeurtenisse rakende opleiding of reis.  Wat jou loopbaan betref, moet jy buigbaar wees en jou oog op die langtermynprys hou.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag kwessies vermy nie.  Poog om, in alle vorme van kommunikasie, so duidelik as moontlik te wees.  Jy sal vind dat, hoe groothartiger en meelewender jy is teenoor ander mense, hoe beter sal die resultaat wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Kommunikasie kan vandag kreatief of verwarrend wees, Bul.  Dit hang van jou af.  Jy sal vind dat, hoe meer jy die mense om jou prys en ondersteun, hoe meer positief en produktief sal die dag wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie is die gonswoord terwyl jy teksboodskappe stuur, twiet, e-posboodskappe stuur, boodskappe plaas en ’n hond uit ’n bos gesels.  Indien jy voor ander mense moet praat, moet jy seker maak dat jy dubbel seker maak van jou feite   voordat jy jou mond oopmaak!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kreatiewe en sosiale aktiwiteite word beklemtoon.  Veral dié waarby kinders, tieners en vriende betrokke is. Daar’s ook ’n tikkie magie en misterie in die lug, so maak seker jy geniet die dag terdeë.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die klem val op die gesin en huishoudelike sake.  Maar jou daaglikse roetine sal nie volgens plan verloop nie.  Hoe meer proaktief en positief jy is – en hoe meer jy jou geliefdes steun – hoe beter.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Intieme verhoudings werk soos ’n spieël.  As jy gespanne en verward voel, is dit presies wat jy van jou geliefdes af gaan terugkry.  Sommige Maagde sal goeie nuus via die sosiale media ontvang.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jou huidige motto kom van die beroemde sanger-liedjieskrywer-pianis, Tori Amos, wat op hierdie dag gebore is: “Styl beteken om jou lewe te geniet en om uiting te gee aan jouself en die lig in jou binneste.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verbonde Skerpioen – stoot vandag die romantiek op.  Enkellopendes – kan jy, wat aanlyn-maatsoekery betref, onderskeid tref tussen ’n spesiale band en ’n afspraakramp?  Laat jou intuïsie jou lei.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou kreatiwiteit en intuïsie is vandag aan die brand.  Maar moenie ’n liggelowige Boogskutter wees nie.  As die stemmetjie in jou binneste vir jou sê iets – of iemand – is nie die Ware Jakob nie, moet jy seker maak dat jy die inligting volg.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag se sterre is super vir groepsaktiwiteite en netwerkvorming in Steenbokstyl.  Jy kan ook ekstra geld maak uit kreatiewe pogings.  Maar moenie alles wat ’n familielid jou wysmaak, vir soetkoek opeet nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Soek kreatiewe nuwe idees oor maniere om geld te maak, by ander mense – veral by die werk.  Moet net nie sensitiewe geheime uitlap nie.  Kies jou woorde wyslik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die sterre glimlag vandag vir jou, Visse!  Jy kan ’n gelukskoot uit die bloute verwag.  Maar jy moet proaktief wees en dit gryp wanneer dit verbykom, anders sal dit beslis by jou verbygaan.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.