JOU DAG

As die Maan in die Ram is, bevoordeel hy optrede, energie en entoesiasme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die sleutel tot ’n suksesvolle 2020 is om getrou te wees aan jouself. Jy sal onoorwinbaar wees indien jy jou intuïsie volg. Moenie bang wees om dit waarin jy glo, te beskerm nie.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die Maan beweeg deur die Ram, dus is jy gretig om te sê wat jy op die hart het. En jou vermoë om ander mense te motiveer is op sy heel hoogste. Wend dus jou vurige energie en uitbundige entoesiasme ten beste aan. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dit kan op die oppervlak voorkom asof jy ’n gebrek aan geloof in jouself het, maar jy beskik oor ’n stille innerlike selfvertroue en Bul-hardkoppigheid wat op die ou end sal deurskyn. Jou intuïsie sal vandag vir jou die regte rigting aandui. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Gesellige Tweelinge is vandag in die bui vir groepsaktiwiteite. Hoe meer jy, onder die invloed van die Ram-Maan, die talente van jou vriende en kollegas steun, hoe meer sukses sal jy behaal. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die Maan beweeg deur jou loopbaansone, dus kan ’n werkskwessie jou emosioneel maak. Probeer ’n meer proaktiewe benadering indien jy probleme met ’n kollega, kliënt of klant ondervind. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Entoesiasme is volop, aangesien die Maan deur jou medevuurteken, die Ram, beweeg. Jou brein is wakker en jy kan vinnige besluite neem. Maar jy moet jou bes doen om fyn te luister na dit wat die mense om jou te sê het. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Dis tyd om breintake met ekstra energie aan te pak. Jy sal deur beplanning, studies of navorsingswerk stoom. Maar – wat geldsake betref – moet jy kortpaaie vermy. Maagde-waaksaamheid word benodig. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Alle soorte vennootskappe – romanties, platonies en sake – is tans ingewikkeld. Kommunikasie vloei glad, maar jy moenie tot haastige gevolgtrekkings kom nie. Gebruik tyd om die feite na te gaan. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Daar sal vandag op- en afdraandes wees. Jou huidige motto kom dus van jou mede-Skerpioen, die sanger en liedjieskrywer Neil Young. “Jy moet, soos jy deur die lewe gaan, die berge, sowel as die valleie, oorkom.” 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Stadig oor die klippe! Jy’s in die luim om dinge gedoen te kry, maar jy moet onthou dat daar ander mense by jou planne betrokke is. Jy sal eenvoudig jou tyd op die ou end mors indien jy nie eers met hulle beraadslaag nie. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dit mag dalk hoog tyd wees om te gaan sit en dinge deur te praat indien jy probleme met een van jou gesinslede ondervind. Wat ’n kollega by die werk betref, sal lof jou aansienlik verder bring as kritiek. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy sal ekstra energiek en ongeduldig voel wanneer die Maan in die Ram is. Span jou geestelike bevoegdhede en kommunikasievaardighede in om ander mense te inspireer en dinge aan die gang te kry. Dis tyd vir groot, brawe en avontuurlike skuiwe. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Vermy die neiging om uit te stel, Vis! Die dinamiese Ram-Maan gee jou die selfvertroue om vas te byt en ferm besluite te neem, veral ten opsigte van geldsake. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.