JOU DAG

Jy moet vandag versigtig trap, want dinge gaan bedrywig en chaoties wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus sal jou in 2019 help om verhoudings en kreatiewe projekte met ekstra geduld en volharding te benader. Onthou daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan, die Ram en Mars beweeg vorentoe; geesdrif is volop aangesien jy passievol betrokke raak by ’n persoonlike projek of opwindende gesamentlike poging.  Moenie haastige gevolgtrekkings maak nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is jy nie seker watter pad jy na die toekoms moet volg nie? Gee noukeurig aandag aan jou nagtelike drome.  Dit is propvol betekenisvolle en verrassende simbole wat jou in die regte rigting sal lei.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om die daad by die woord te voeg wanneer jy jou briljante idees met produktiewe optrede steun. Probeer om ekstra geduldig en deernisvol te wees jeens ’n gespanne geliefde.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om nie vandag hardkoppig en buierig te wees nie. Jy sien moontlik nie die hele prentjie nie; moet dus nie aanneem jy het al die inligting nie. Streef daarna om positiewer en meer proaktief te wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hou op om uit te stel. Die maan is in die Ram. Wend jou vurige energie positief vir ’n groot projek aan. Soos die skrywer Mark Twain geskryf het: “Om te begin, is die geheim van vooruit kom.”

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Iemand kan probeer om jou te oorreed om iets te koop wat jy nie werklik nodig het nie. Vermy impulsiewe finansiële besluite wat nie by jou pas nie. Neem jou tyd en deurdink dinge.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jy’s vandag vrygewig met jou tyd terwyl jy ander mense help en oral goeie dade verrig. ’n Geliefde kan jou dalk verbaas met ’n onvanpaste opmerking of ’n haastige besluit.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Iemand kan jou van stryk bring deur jou gewone daaglikse roetine om te krap. Moenie stres nie.  Buigsaamheid en pret is noodsaaklik as jy jou werk wil geniet en ’n gelukkige huislike lewe wil hê.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of intieme vriend sal lewendig, en moontlik vurig, wees. Wat ’n opwindende werk- of studieprojek betref moet jy avontuurlik wees en jou keuse wawyd oop hou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Professionele en gesinsverhoudings word beklemtoon.  Moenie jouself te hard druk nie en wees ekstra gevoelig teenoor kollegas en geliefdes. Vanaand moet jy die geriewe van oos, wes, tuis, bes geniet.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Het jy ’n probleem met ’n onvoorspelbare gesinslid?  Probeer ’n ander benadering. Hoekom verras jy hulle nie en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle verwag nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou motto vir die dag kom van Ingrid Bergman, die rolprentster wat vandag verjaar het: “Jy moet die stemmetjie van jou gewete, wat jou presies sê wat om te doen, vertrou.”

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.