JOU DAG

Kreatiwiteit en kommunikasie word vandag beklemtoon. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie soveel tyd aan loopbaankwessies en jou openbare lewe bestee dat jy jou gesin en vriende afskeep nie. Jy moet oor die komende jaar buigsaam wees en poog om ’n balans te handhaaf. 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou portuurgroep is op die punt om uit te brei, want jy word betrek by ’n klas, klub of plaaslike organisasie wat eendersdenkende mense insluit. Maar jy moet geduldig wees, want dit sal tyd neem om te ontwikkel. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die son en Mercurius verbind in jou loopbaansone. Jy is dus gretig om jou idees uit te druk deur te gesels, te skryf of teksboodskappe te stuur. Maar – as jy huiwer of uitstel – kan jy ’n geleentheid laat verbyglip. 

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dryf jou daaglikse roetine jou tot trane van verveling? Die son en Mercurius verbind in jou reis- en avontuursone; dus wink die verre strande. Begin so gou moontlik spaar en jou reis beplan. 

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag kwessies vermy nie, Krappe. Werp ’n skerp lig op kommunikasieprobleme en ruim dit dan uit die weg. Hoe liefdevoller en vrygewiger jy teenoor jou geliefdes is, hoe beter sal die dag wees. 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy moet verhoudings verbeter deur duidelik te kommunikeer en ander te help. Minder praat en meer luister word aanbeveel. Verhoudings sal dan ’n positiewe nuwe rigting inslaan. 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die son en Mercurius verbind in jou werk- en welsynsone. Dit is dus ’n vrugbare dag vir oefening of om iets nuuts oor gesondheid en fiksheid te leer. Maar moenie belangrike details miskyk nie! 

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Dis ’n goeie dag om, onder die invloed van die son en Mercurius, aan sport deel te neem, jou gunstelingstokperdjie te geniet of op ’n warrelwind-avontuur te gaan. Jy kan kaskenades langs die pad verwag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Mercurius verbind in jou tuistesone. Dit is dus tyd om met jou gesinslede te praat. Jou verhoudings sal skitter en skyn as jy ’n probleem op ’n kreatiewe manier benader. 

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Aangesien die son en Mercurius in jou kommunikasiesone verbind, kan jou profiel in die sosiale media werklik aan die gang kom. Jy moet net seker maak dat jy alle feite en opmerkings twee keer nagaan voor jy dit plaas. 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is vandag in ’n vreemde bui, veral wat ’n persoonlike projek of geldkwessie betref. Probeer om te ontspan en dinge uit alle oogpunte te beskou en onderdruk die versoeking om te kritiseer. 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die son en Mercurius vorm ’n paar in jou teken; dus is dit tyd om oor aanvegbare onderwerpe te gesels en vernuwend te dink. Bekyk die groter prentjie wanneer jy iemand ’n vaardigheid leer of self iets nuuts aanleer. 

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis die perfekte dag om gereelde ontspanning in jou besige Visse-rooster te voeg sodat jy ruimte het vir herstel en hernuwing. Doen jou bes om kuier en alleentyd te balanseer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.