JOU DAG

Vandag se sterre moedig deernis en kreatiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer die balans tussen jou openbare en privaat lewe  handhaaf. Desember en Januarie is uitstekende maande vir romanse en verhoudings.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus, die vredesplaneet, besoek jou vennootskapsone tot 9 September. Dit is ’n gunstige tyd om dinge behoorlik te bespreek en maniere te vind om meer raadgewend en sorgsaam teenoor geliefdes te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jupiter moedig jou aan om liefde in die lewe van die mense rondom jou te bring. Laat Freddie Mercury, die sanger van Queen, wat ook vandag sou verjaar het, jou inspireer: “Maak mense gelukkig; al is dit net vir een uur.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy’s vandag gretig om te sê wat jy dink. En jy’s ook gerat om met ander mense op ’n emosionele vlak te kommunikeer. Moenie te veel praat en te min luister nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gewoonlik ’n privaat mens, maar vandag is jou emosies intens en op die oppervlak. Jy sal lus voel om jou gevoelens te lug en aan ander mense te sê hoe jy oor verskeie sake voel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kry probleme by die werk en uitdagings ten opsigte van verhoudings jou onder? Hoe meer jy verandering teenstaan, hoe langer sal die probleem voortduur.  Vandag se boodskap uit die sterreryk is: Vloei saam met die stroom en leer om te laat gaan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat intieme verhoudings betref sal kreatiewe kommunikasie jou vandag ver bring. ’n Kombinasie van tweerigting-gesprekvoering en fyn luister sal verhoudings met rasse skrede verbeter.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Moenie jou intuïsie vandag onderskat wat belangrike professionele of persoonlike besluitneming betref nie. Jy sal uitvind intellek en intuïsie is ’n kragtige dubbelspel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Maak seker jy kombineer hart en kop as jy vandag met ’n ouer, kind of intieme vriend kommunikeer. Met intellek en intuïsie in pag sal jy weer die gesprek aan die gang kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Voel jy gespanne oor die neem van ’n belangrike besluit? Moenie net na jou logiese sy luister nie. As jy aandag gee aan jou intuïsie, sal dit die regte rigting vir jou aandui.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pasop dat jou saaklike benadering nie vir koue onverskilligheid aangesien word nie. Moenie die persoonlike stempel afskeep as jy met ander mense – persoonlik en aanlyn – kommunikeer nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Ander mense sal vandag baat vind by jou optimisme en vrygewigheid terwyl jy sonskyn uitdeel. Dit is in jou mag om ’n werkkwessie of groepsituasie positief te beïnvloed.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Super Neptunus-aspekte stimuleer jou kreatiewe en spirituele sy en help jou om in te skakel op die stemmetjie in jou binneste. Bespreek dinge met ’n kollega as jy jou oor ’n werkkwessie bekommer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.