JOU DAG

Die maan skuif in die Visse in en dit bevoordeel kreatiewe, spirituele en humanitêre strewes.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is bedrewe op sosiale gebied. Februarie en April is die volmaakte maande vir liefde, romanse, vriendskap en kuier.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan selfsugtige siele wees. As jy ander mense help, sal jy ’n goeie dag beleef. Die Visse-maan sal jou help om minder op jouself te fokus en meer op die behoeftes van dié rondom jou. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As iets jou pla moet jy nie net op ’n rasionele denkwyse vertrou om jou te help nie. Dis tyd om uit jou intuïsie te put ten einde toegang te verkry tot uiters noodsaaklike innerlike wysheid. 

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit kan aanloklik wees om geldsake hul gang te laat gaan, maar jy moet op die hoogte bly met finansies.  Verantwoordelikheid en spaarsaamheid sal iewers langs die pad vrugte afwerp. 

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Markeer jou pas, want jy kan vandag oorbluf en emosioneel oorgevoelig wees. Moenie huiwer om grense te stel en nee te sê wanneer ander mense te veel eise aan jou stel nie. 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die maan skuif vandag in die Visse in, en jy kan by dié sensitiewe teken leer. Jy kan ’n bietjie minder praat, ’n bietjie meer nadink, ’n bietjie minder skinder en ’n bietjie meer deernis aan die dag lê.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mik daarna om die balans reg te kry tussen individuele projekte en gesamentlike strewes. As jy jouself in lyn bring met eendersdenkende mense, kan julle jul talente bymekaargooi en werklik ’n verskil maak. 

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Verbonde Weegskale, hou die kommunikasie met jou maat aan die vloei en moet hulle nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Enkellopendes, soek liefde by ’n gesellige Tweeling, ’n vryerige Ram of ’n avontuurlike Waterdraer. 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Visse-maan reis deur jou kreatiwiteit- en vriendskapsone. Dit sal moeilik wees om projekte en mense vas te pen. Hoe meer buigsaam jy is, hoe meer vordering sal jy maak. 

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter besoek die Boogskutter; dus voel jy optimisties oor die toekoms. Jou huidige motto kom van die sanger Bob Marley, wat vandag verjaar het: “Geniet die lewe wat jy lei en lei die lewe wat jy geniet.” 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Raak jy selfbehep? Dit is dalk tyd om op ander mense te fokus. As jy vandag mense help wat in die nood is, tuis en in jou plaaslike gemeenskap, sal jou gemoed versterk word. 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is haastig om so gou moontlik ’n geldelike reëling van stapel te stuur, maar die situasie behels meer as wat die oog kan sien. Moet niks teken voor die verwarring uit die weg geruim is nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan skuif in die Visse; daarom is dit tyd om in ’n kreatiewe projek verdiep te raak. Laat Dr. Seuss, wat ook onder die teken van die Visse gebore is, jou inspireer: “Fantasie is ’n noodsaaklike bestanddeel van die lewe. Dit stel jou in staat om oor die werklikhede in die lewe te lag.” 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.