1. Die eerste seisoen van die kykNET-dramareeks Spoorloos het kykers omtrént laat kopkrap en naels kou.

’n Reeksmoordenaar het die Oos-Kaapse dorpie Digtersdal die skrik op die lyf gejaag en inwoners was op hol oor kinders wat spoorloos verdwyn.

Die tweede seisoen, wat eersdaags op die kassie begin, spog met splinternuwe karakters en ’n nuwe storielyn. Die akteur Andahr Cotton, wat as die rebelse laatlammetjie en musikant Jacques in Netwerk24 se eerste blitssepie, Die testament, te sien was, staan nou sentraal in die drama.

2. Andahr vertolk die hoofrol van Adam Prinsloo, wat op die aand van sy matriekafskeid in ’n ongeluk betrokke is.

Hy skrik eers 18 maande later uit ’n koma wakker. Sy metgesel in die ongeluk is dood, maar hy kan niks daarvan onthou nie. “Sy geheue is spoorloos,” sê die oud-7de Laner Christo Davids, wat agter die skerms deel was van die tweede seisoen se skryfspan.

. Hy speel Adam Prinsloo, wat op die aand van sy m
. Hy speel Adam Prinsloo, wat op die aand van sy matriek­afskeid in ’n ongeluk betrokke is. Adam skrik 18 maande later uit ’n koma wakker, maar hy kan niks van die aand se gebeure onthou nie. Foto: kykNET

“Hy weet nie wat gebeur het nie. Om agter die kap van die byl te kom, gaan hy op ’n soektog na sy dorp.”

Maar nie almal is ewe gelukkig oor Adam se ontwaking nie . . .

3. Nes die vorige seisoen speel die jongste een ook af op ’n fiktiewe dorpie, dié keer Buffelsdrif. Daar is weer ’n verdwyning én ’n raaisel wat opgelos moet word. “Die reeks speel af in vandag se tyd,” vertel Christo. Vier jaar speel af in 10 episodes.

“Ons het die reeks van einde Februarie verfilm. Ons het toe op ’n break gegaan vir lockdown en ons het hom ’n bietjie meer as ’n maand gelede klaargeskiet in Johannesburg en omgewing.”

4. Die bekroonde Ilse van Hemert sit weer in die regisseurstoel. Sy is ook die hoofskrywer van die reeks. Christo, wat ons as Errol in die sepie 7de Laan ken en ’n teaterregisseur is, is die assistent-hoofskrywer en mederegisseur.

“Ek is deel van Ochre Moving Pictures, wat die reeks vervaardig. Ilse, die skepper van die reeks, het my ’n jaar en ’n half gelede genader en genooi om aan die reeks te werk.”

Die Elke skewe pot-aktrise Marisa Drummond is ook deel van die skryfspan.

5. Talle bekende gesigte is in die reeks te sien. Gérard Rudolf, wat verlede jaar as die konsultant Pierre Marais in die sepie Suidooster te sien was, speel Adam se pa, die regter Frans Prinsloo.

Die akteur Gérard Rudolf speel Andahr se pa in die
Die akteur Gérard Rudolf speel Andahr se pa in die reeks. Foto: kykNET

Die Egoli-ster Philip Moolman speel die lodge-eienaar Gawie, sy vrou, Liesl, word deur Hanli Rolfes vertolk en die aktrise Elma Postma speel Isabel, die ma van Adam se eksmeisie.

Philip Moolman en Hanli Rolfes is van die bekende gesigte wat in die reeks te sien is. Die twee speel ’n egpaar. Foto: kykNET
Elma Postma (links) en Lee Visagie, wat ma en dogt
Elma Postma (links) en Lee Visagie, wat ma en dogter in die sepie Isidingo gespeel het, is ook deel van die rolverdeling. Foto: kykNET

6. Die aktrise Lee Visagie, bekend vir haar rol as Anja Lategan in die SABC3-sepie Isidingo, speel Adam se fisioterapeut en liefdesbelangstelling, Christa.

“Sy is die meisie wat haar hart verloor op die man wat sy help gesond maak,” vertel Christo.

Lee as Adam se fisioterapeut en liefdesbelangstell
Lee as Adam se fisioterapeut en liefdesbelangstelling, Christa. Foto: kykNET

7. En hoekom juis die titel Heksejag? “ ’n Heksejag is gewoonlik waar mense verkeerde mense jag. Dis mos wanneer almal op hol gaan om die verkeerde redes,” vertel Christo.

“In dié situasie of verhaal is dit die dorp se siening oor party mense daar. En of hulle reg of verkeerd is. Die heksejag beteken nie daar is hekse nie. Dis die literal meaning.”

8. Die reeks volg die styl van oorsese programme soos die gruwelreeks American Horror Story, waar elke seisoen ’n ander storielyn en karakters het.

Johan Baird is te sien as dr. Geoff Lombaard. Foto
Johan Baird is te sien as dr. Geoff Lombaard. Foto: kykNET

9. Spoorloos se jongste seisoen gaan kykers boei. “Wat vir my uitgestaan het as een van die mense wat aan die reeks gewerk het, was dat selfs ék later nie meer seker was wie wat gedoen het nie,” sê Christo. “Ek was self in suspense terwyl ons aan die reeks gewerk het.”

10. Hope drama en spanning wag op kykers. Daar is reeds planne vir ’n derde seisoen, bevestig Christo.

  • BEGIN op DINSDAG 14 JULIE om 20:00 OP KYKNET.

Ander reekse om te kyk

I KNOW THIS MUCH IS TRUE

Drama.

In dié minireeks van ses episodes is die akteur Mark Ruffalo te sien in twee rolle – as die identiese tweeling Dominick en Thomas Birdsey.

Die reeks is op Wally Lamb se 1998-boek gegrond en gaan oor Dominick se moeilike verhouding met Thomas, by wie paranoïese skisofrenie gediagnoseer word.

Mark het eers sy tonele vir Dominick geskiet, en vir dié rol moes hy 6,8 kg verloor.

Nadat hy sy tonele as Dominick geskiet het, het hy ’n blaaskans van ses weke gevat om 14 kg aan te sit vir sy tonele as Thomas.

  • DONDERDAE om 22:00 OP M-NET. OOK OP DSTV CATCHUP.

DARK

Wetenskapsfiksie.

Die derde en laaste seisoen van dié reeks is nou op Netflix te sien.

Dis soortgelyk aan die reeks Stranger Things, maar net . . . wel . . . donker.

Nadat ’n kind verdwyn het, ontdek die inwoners van die dorp ’n grotstelsel waar mense deur tyd kan reis.

Vier vervreemde families word by die sage betrek.

Met Lisa Vicari en Louis Hofmann.

  • 3 SEISOENE. OP NETFLIX. 16