Hier is 10 goed wat uitgestaan het tydens die episode. 

Neels en Florinda
Neels en Florinda. Foto: kykNET

1. Die Swartwater-aktrise Antoinette Louw het vir die akteur Henré Pretorius ingestaan as die aanbieder van die reünie-episode omdat hy uitstedig was. 

2. Laurika en Abigail was uitgenooi om deel te neem aan die episode, maar hulle het nie die uitnodiging aanvaar nie.

3. Dorianne Prince en Tanya Michelle het albei verloof geraak sedert die kameras ophou rol het.

Dorianne het liefde gevind by Ruan Groenewald met wie sy baie goeie vriende was. “As jy weet jy het die een gevind, hoekom wag, veral as ek so sekerheid in my hart het dat hy my man kan wees,” sê sy.

Tanya het liefde gevind by die "Ou Ryperd"-sanger, Dozi. “Die pot en die deksel het mekaar gevind,” sê Tanya.

Dozi sê hy het baie lanklaas iemand gesien wat met soveel omgee na hom kyk. Foto: Luba Lesolle

4. Efraine van Heerden het liefde gevind by Paul du Toit. “Hy het my 11 Julie uitgevra en nou is ek amptelik in ’n verhouding. Ek is verskriklik verlief, ons is nou al ses jaar lank vriende en hy was een van my beste mansvriende. Toe ek getrou het was hy een van die 23 gaste wat ek genooi het,” sê sy oor hul hegte band.

Efraine. Foto: kykNET

5. Vir Liesa was dit moeilik toe Neels haar nie gekies het nie en daarom het sy later sy intensies bevraagteken.

Nadine Theron, wat in die top-drie was, het ook vertel hoe oorweldigend die laaste episode vir haar was en toe Neels haar afgesê het. “Ek was totaal in skok, ek weet nie of ek getraumatiseerd was nie.”

Nadine Theron. Foto: kykNET

Sy vertel verder sy het drie dae daarna glad nie geëet nie. “Ek was regtig geskok vir ’n ruk en het begin bevraagteken wat regtig gebeur het," sê sy.

Drie dae daarna het sy weer op ’n afspraak gegaan. “Ek raai vir almal aan om op afsprake te gaan. Dit het my baie vinnig laat vergeet en toe kon ek weer pizza eet en alles,” sê sy.

6. Wie kan die oomblik vergeet toe Florinda en Tanya woorde gehad het toe Neels vir Janka huis toe stuur? Tanya sê tydens die episode sy was net honger en moeg gewees. 

7. Neels het later by Florinda en Antoinette aangesluit in die ateljee. Neels en Florinda het hande vasgehou en net oë vir mekaar gehad. Antoinette het ook opgemerk sedert Florinda aan die Fynskrif-akteur se sy is, blink sy oë weer. Neels vertel verder hy het sonder twyfel ware liefde gesoek op die program. 

Die akteur Neels van Jaarsveld sê hy het “regte egte” liefde by Florinda Hearn gevind. Sy was ’n deelnemer aan sy maatsoekprogram, Op my eish!. Foto: Gallo Images/Media24/Sharon Seretlo

8. Neels het intussen Florinda se seuntjiie ontmoet en sê hy het besef dat hy die ander man in haar lewe is. “Ek het ook besef hy hou meer van Batman as Superman,” sê Neels. 

9. Die akteur vertel kykers het hom al uitgetrap op sosiale media terwyl Op my eish! op die kassie was. “Daar het ’n vrou gesê ek gaan niemand kies nie, want ek is net lief vir myself,” sê hy. 

10. Al het Nadine tydens die laaste episode genoem haar persepie van Neels het verander toe hy haar nie gekies het nie nie, vertel sy ook sy het die aand voor die episode verfilm is haarself daarin berus as Neels haar nie kies nie.

Melani, Janka en Nadine tydens een van die groepsaktiwiteite. Foto: kykNET

“’n Groot deel van hom het aanklank gevind by Florinda,” sê Nadine. Sy geniet dit nou om net enkellopend, vry en onafhanklik te wees. “Ek hou van die idee dat daar ’n paar mense daar buite is wat my baie gelukkig maak en dat ek hulle enige oomblik kan ontmoet,” sê sy. 

  • Die reünie-epsiode kan nou ekslusief op kykNET se webblad gekyk word. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.