Randy Januarie speel Naomi in die nuwe telenovelle
Randy Januarie speel Naomi in die nuwe telenovelle Die sentrum. Foto: Mzwandile Mpaka

Die reeks draai om agt beraders wat by ’n hulplyn-inbelsentrum in Kaapstad werk. “Naomi is ’n selfie queen wat 24/7 op Instagram is. Sy hou van hutsmerke en fancy aandetes saam met haar vriende,” vertel die aktrise, wat op Montagu in die Wes-Kaap grootgeword het. 

Dis haar eerste groot TV-rol
Dis haar eerste groot TV-rol. Foto: SABC 2
Sy beskryf Naomi as ’n selfie queen wat 24/7 op In
Sy beskryf Naomi as ’n selfie queen wat 24/7 op Instagram is. Foto: SABC 2

Randy vertel sy het op die jong ouderdom van vyf besluit sy wil ’n aktrise word.

“Ek was oortuig daarvan dat akteurs in die televisie woon, en het dus net daar besluit ek wil eendag ‘in’ die televisie wees,” sê Randy wat haar dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het. Ons leer die nuweling beter ken.

By haar medesterre Kim Syster, Keeno-Lee Hector, C
By haar medesterre Kim Syster, Keeno-Lee Hector, Chumani Pan, Lea Vivier, Stiaan Bruwer en Thokozile Ntsinga. Foto: SABC 2

1. Is daar enige ooreenkomste tussen jou en Naomi? 

Ja, ons is albei baie ambisieus, groot dromers en go-getters.

2. Wat het jy geniet van die karakter? 

Naomi se haarstyle, grimering en kostuums is altyd on point. Haar voorkoms is baie vroulik, terwyl my styl meer retro-hipster is. Dit was dus ongelooflik lekker om in Naomi se skoene te klim. 

3. Waarin was jy al te sien? 

Ek het al ’n gasrol gehad in die kykNET-dramareeks Projek Dina en is ook tans te sien in die Afrikaanse wetenskapsfiksiefliek Wesens. 

4. Beskryf jouself in drie woorde.

Ambisieus, kreatief en lewenslustig. 

5. Wat sal kykers verbaas wees om oor jou te weet? 

In my vrye tyd geniet ek dit om te rap en my liedjies op Instagram te deel. 

6. Pasta of pizza? 

Albei. Pasta en pizza is my gunstelinggeregte. 

7. Instagram of Twitter?

Instagram; ek is nie snaaks genoeg vir Twitter nie

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe