Die reeks het in 2014 begin met Francois le Roux (Louw Venter) wat per ongeluk sy kind doodgeskiet het. Daarna het hy en sy vrou, Karen (Jana Kruger in seisoen een), na die kusdorp Swartwater verhuis.

In seisoen drie van Swartwater is Louw Venter se k
In seisoen drie van Swartwater is Louw Venter se karakter, Francois le Roux, verlam. Foto: TVPlus.

Aan die einde van die tweede seisoen is Francois deur skurke in die rug geskiet toe hy sy ander kind wou red. In die jongste seisoen, wat ’n jaar later afspeel, is Louw se karakter, Francois, steeds verlam.

“Dié soort ervaring beklemtoon hoe gelukkig ek is om sterk en gesond te wees,” vertel Louw.

Die reeks is die geesteskind van die veteraanaktrise en draaiboekskrywer Hélène Truter, wat ook in die reeks te sien is as Meisie van Rensburg. Sy is bekend as Poppie in die komediereeks Vetkoekpaleis.

Hélène het al laat val dat dié seisoen nie maklik vir Francois se eksvrou, Karen (gespeel deur Antoinette Louw), gaan wees nie. Sy gaan worstel met prostitusie en tikverslawing, en met verkeerde mense deurmekaarraak.

Die eerste seisoen is grootliks op Waenhuiskrans en elders in die Wes-Kaap verfilm. Vir die tweede en derde seisoen het die produksie na Johannesburg verskuif.

“Die skuif verander niks aan die storielyn nie,” sê Louw.

“Dis die wonder van televisie; jy kan enigiets soos iets anders laat lyk. Die veranderinge in die reeks gaan meer oor ’n groter verskeidenheid karakters wat die wêreld van Swartwater bevolk.”

Louw en Dorette Potgieter, wat sedert seisoen twee
Louw en Dorette Potgieter, wat sedert seisoen twee Annalien Steyn vertolk. Foto: TVPlus.

Die derde seisoen gee kykers ’n groter kykie na die wêreld van Swartwater, vertel Louw. “Vir my karakter was dit ’n fassinerende storie oor ’n man wat ’n lewe probeer terugbou, ’n lewe waarmee hy heeltemal kontak verloor het.”

In dié seisoen word die temas transformasie, aanvaarding, pyn en liefde aangeraak. In sy uitbeelding van Francois se pad met verlamming het Louw self lesse geleer.

“Dit gee my onmeetbare respek vir mense wat regtig deur hierdie ervarings leef. Dit is tans so ’n relevante en belangrike les om te leer.”

June van Merch, Nazli George en Sekoati Tsubane is van die akteurs wat hul rolle uit die vorige seisoene hervat. June is weer te sien as Kinta, Nazli as Dotty, en Sekoati hervat sy rol as die dorpsapteker Gomo.

 Keenan Arrison sluit aan by die rolverdeling as A
Keenan Arrison sluit aan by die rolverdeling as Ashwin Fernandez, wat ’n voorliefde het vir motorfietse. Foto: SABC 2

Talle nuwe gesigte is te sien. Robyn Rossouw, onlangs nog te sien in die telenovelle Arendsvlei, sluit by die rolverdeling aan as die loskop Cindy Fortuin. En Huis Lelieveld se Wynand van Vollenstee is die polisieman Pottie Potgieter.

“Daar is ’n klomp verrassings, maar ek sou sê die opwindendste nuweling is Keenan Arrison,” vertel Louw.

Keenan van Sara se geheim speel Ashwin Ebrahim.

Dié het arm grootgeword in die bendegeteisterde Mitchells Plain en verhuis na Swartwater. Hy is lief vir motorfietse en wil ’n wynmaker word.

Francois se vrou, Karen (Antoinette Louw), trek sw
Francois se vrou, Karen (Antoinette Louw), trek swaar. Foto: SABC 2

Sy suster, die moeilikheidmaker Ava, word gespeel deur Crystal-Donna Roberts. Swartwater is ’n fiktiewe kusdorpie in die Overberg in die Wes-Kaap.

Al is daar baie seewater, is gewone water skaars. In die jongste seisoen sukkel die gemeenskap om kop bo water te hou. Die reeks is oor die laaste drie maande van 2020 verfilm.

Die spelers moes streng protokol volg weens die voortslepende coronaviruspandemie. Sy ervarings op die stel van Swartwater is vir hom van onskatbare waarde, vertel Louw.

“Ek leef vir daai oomblikke waar ek voel ek ontdek iets van die waarheid, wanneer ek die krisis waarin ’n karakter homself bevind met respek en eerlikheid kan uitbeeld.”

Ekstra bron: TVPlus
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.