Hier is meer oor al die deelnemers en die drie wat Donderdagaand reeds huiswaarts moes keer.

Kerry Lambourn (30)
Kerry Lambourn (30). Foto verskaf
Kerry Lambourn (30). Foto verskaf

Van waar?

Gebore en getoë in Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n verkoopspersoon vir ’n herwinningsmaatskappy. Ek skryf ook ’n boek en bestuur sosialemediablaaie oor vrouebemagtiging teen mishandeling.

Wat verpes jy?

Ek kan soms lekker laf wees, ek hou daarvan om mense te laat lag.

Wat is jou grootste prestasie?

Om gekies te word om op The Bachelor SA te verskyn.

Jozaan Digue (28)
Jozaan Digue (28). Foto verskaf
Jozaan Digue (28). Foto verskaf

Van waar?

Ek is in Bloemfontein gebore, maar het in Pretoria grootgeword.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n prokureur.

Wat verpes jy?

Mense wat nie kan spel nie.

Wat is jou grootste prestasie?

Om ’n prokureur te word. Dis baie harde werk en om eindelik as een toegelaat te word, was een van die trotsste oomblikke van my lewe.

Nontombi Kuzwayo (28)
Nontombi Kuzwayo (28). Foto verskaf
Nontombi Kuzwayo (28). Foto verskaf

Van waar?

Johannesburg, gebore en getoë.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n bourekenaar en ’n entrepreneur.

Wat verpes jy?

Leuens en as jy verkeerd tik (weens voorspellende teks en onderstreepte foute. WAT BEDOEL JY?)

Wat is jou grootste prestasie?

My persoonlike verhoudings. Ek het van die vervullendste vriendskappe en familiebande.  

Edith Lesego Mooketsi (27)
Edith Mooketsi (27). Foto verskaf
Edith Mooketsi (27). Foto verskaf

Van waar?

Ek kom van ’n klein dorpie genaamd Rustenburg in die Noordwes-provinsie.

Watter soort werk doen jy?

Ek werk tans daaraan om as prokureur toegelaat te word.

Wat verpes jy?

Mense wat in hul neus krap.

Wat is jou grootste prestasie?

Toe ek my universiteitsgraad behaal het, en toe ek met my eerste salaristjek vir my ma ’n motor koop.

Shelly Khoza (26)
Shelly Khoza (29). Foto verskaf
Shelly Khoza (29). Foto verskaf

Van waar?

Craighall, Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek het pas klaar besigheidsadministrasie in Illinois, Amerika, studeer.

Wat verpes jy?

’n Gebrek aan respek vir ander mense se menings.  

Wat is jou grootste prestasie?

Die eerste keer wat ek ooit op ’n vliegtuig was, was vir ’n 18 uur lange vlug na New York. Ek het een tas gehad en het niemand geken nie. Drie jaar later is ek daar weg met trane in my oë omdat ek soveel wonderlike mense op my pad ontmoet het, wat ek nou as familie beskou.

Gina Myers (31)
Gina Myers (31). Foto verskaf
Gina Myers (31). Foto verskaf

Van waar?

Gebore en getoë in Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n grimeerkunstenaar.

Wat verpes jy?

Ek kan dit nie verdra as iemand nie lekker ruik nie, of as hulle duidelik onhigiënies is.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my passie gevolg het toe almal vir my gesê het ek moenie dit doen nie.

Annalene Maduramuthu (29)
Annalene Maduramuthu (29). Foto verskaf
Annalene Maduramuthu (29). Foto verskaf

Van waar?

Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Rekenkunde.

Wat verpes jy?

Ek het nie so iets nie.  

Wat is jou grootste prestasie?

My bevordering na junior rekenmeester voor ek graad gevang het.

Jenna Carmen Lithgow (29)
Jenna Carmen Lithgow (29). Foto verskaf
Jenna Carmen Lithgow (29). Foto verskaf

Van waar?

Ek is oorspronklik van Durban, maar het Kaap toe verhuis. Ek reis baie tussen Kaapstad en Durban.  

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n aanlyn transformasie-afrigter. Ek bestuur my eie fiksheidsprogramme.

Wat verpes jy?

Iemand wat gedurig op hul foon doenig is. Ek glo jy moet jou foon wegsit as jy tyd saam met familie en vriende deurbring.

Wat is jou grootste prestasie? 

Ek was drie keer na mekaar die SA Bikini-kampioen. Maar ek probeer sorg dat titels my nie definieer nie. Karakter weeg swaarder as prestasies.

Daneal Catelle (26)
Daneal Catelle (26). Foto verskaf
Daneal Catelle (26). Foto verskaf

Van waar?

Ek woon tans in Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n digitale bemarkingstrateeg.

Wat verpes jy?

Vals mense.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my graad behaal het.

Kim Grey (28)
Kim Grey (28). Foto verskaf
Kim Grey (28). Foto verskaf

Van waar?

Ek is in Johannesburg gebore, toe na Knysna vir hoërskool en toe het ek my hart Kaapstad toe gevolg.

Watter soort werk doen jy?

Ek besit ’n digitale bemarkingsagentskap wat spesialiseer om markbewustheid vir goedvoel-leefstylhandelname te bou.

Wat verpes jy?

Onambisieuse ingesteldheid, pretbederwers en negatiwiteit.  

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my drome en passie gevolg het, in myself glo en my eie onderneming begin het.

Michelle du Plessis (33)
Michelle du Plessis (33). Foto verskaf
Michelle du Plessis (33). Foto verskaf

Van waar?

Pretoria.

Watter soort werk doen jy?

Ek besit ’n aanlyn modebesigheid.

Wat verpes jy?

Wanneer iemand nie hul mes en vurk bymekaar sit op die bord wanneer hulle klaar geëet is nie. Moenie vra hoekom nie – dit irriteer my net. En Hi-Tech-tekkies . . . ek háát dit!

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het in 2012 en 2013 ’n 4x4-televisieprogram op die Ignition-kanaal aangebied en het deur die jare ook modelwerk vir ’n verskeie bruidstydskrifte gedoen.

Lucy Thompson (32)
Lucy Thompson (32). Foto verskaf
Lucy Thompson (32). Foto verskaf

Van waar?

Springs, my boet.

Watter soort werk doen jy?

Verkoopsbestuursbeampte vir ’n skeepvaartmaatskappy.

Wat verpes jy?

Mense wat nie flikkerligte gebruik nie.

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het die Maties-rasieleierspan vir die Varsity-beker met ’n paar vriende begin.

Thenjiwe Bhengu (24)
Thenjiwe Bhengu (24). Foto verskaf
Thenjiwe Bhengu (24). Foto verskaf

Vanwaar?

Ek is oorspronklik van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, maar het in Johannesburg grootgeword.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n sportafrigter.

Wat verpes jy?

Pels. Ek haat dit.  

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het danksy my dansery vyf maande lank in Duitsland gewoon en werk.

Milisha Hanuman (33)
Milisha Hanuman (33). Foto verskaf
Milisha Hanuman (33). Foto verskaf

Van waar?

Bromhof, Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek werk in finansiële dienste en werksaamhede.

Wat verpes jy?

Ek praat gedurig oor my hond – dis my gunstelingonderwerp.  

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het oorsee studeer en teruggekeer na my pragtige land – veral omdat ek nooit kleintyd gedink het ek sou ’n geleentheid kry om ná skool te studeer nie.

Kelly Tiegan (23)
Kelly Tiegan (23). Foto verskaf
Kelly Tiegan (23). Foto verskaf

Van waar?

Johannesburg.

Watter soort werk doen jy?

Ek besit ’n volhoubare leefstylmaatskappy en ’n digitale bemarkingsagentskap. Ek is ook ’n reis- en leefstylblogger.  

Wat verpes jy?

Wanneer my Apple-horlosie nie my hartklop reg monitor nie en ek my Vitality-punte en gratis vrugteskommel verloor.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my middelmatige werk gelos het om my eie maatskappy te begin.

Jacqueline Ramos-Pinto (29)
Jacqueline Ramos-Pinto (29). Foto verskaf
Jacqueline Ramos-Pinto (29). Foto verskaf

Van waar?

Ek is gebore en getoë in Klerksdorp in die Noordwes. Ek woon en werk tans in Fourways, Johannesburg.  

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n voorskoolse onderwyser en besit ’n aanlyn onderneming wat spesialiseer in die bosselering van luukse leer.

Wat verpes jy?

Iemand wat jok en mense wat nie waarde heg aan ander se tyd nie.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my eie luukse leer-handelsnaam bekendgestel het. My ouers is albei sake-eienaars en ek het nooit die passie en handwerk waardeer wat hulle in hul maatskappy geploeg het nie.

Michelle Reddy (29)
Michelle Reddy (29). Foto verskaf
Michelle Reddy (29). Foto verskaf

Van waar?

Durban.

Watter soort werk doen jy?

Verbruikersbemarkingspesialis.

Wat verpes jy?

Swak taalgebruik en leë beloftes.

Wat is jou grootste prestasie?

Ek droom al vandat ek ’n dogtertjie was daarvan om my eie perd te besit. En my perd het vir my baie lewenslesse geleer soos om weer op te staan nadat jy geval het.

Mbali Mkhize (26)
Mbali Mkhize (26). Foto verskaf
Mbali Mkhize (26). Foto verskaf

Vanwaar?

Centurion.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n skoonheidsblogger en -entrepreneur.

Wat verpes jy?

Ek haat kougom, mense wat oopmond kou en mense wat te na aan jou in ’n tou staan.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek genoeg geld gemaak het om my ma se studielenings af te betaal.

Natasha Hardcastle (31)
Natasha Hardcastle (31). Foto verskaf
Natasha Hardcastle (31). Foto verskaf

Vanwaar?

Kaapstad.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n wetenskaplike. Ek is gekwalifiseer as neurowetenskaplike en werk tans aan kankerdiagnostiek vir my doktorsgraad.

Wat is jou beste karaktereienskappe?

My vernuf, eerlikheid en lojaliteit.

Wat verpes jy?

Oppervlakkige geselsies.

Wat is jou grootste prestasie?

My grade en my Gold Key Service-uitreikwerk vir Maitland Cottage en die Laerskool Surry.

Chanieël du Plessis (28)
Chanieël du Plessis (28). Foto verskaf
Chanieël du Plessis (28). Foto verskaf

Vanwaar?

Ek woon tans in Johannesburg en is oorspronklik van Hartenbos/Mosselbaai.

Watter soort werk doen jy?

Modelwerk.

Wat verpes jy?

Stadige motoriste.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek die moed gehad het om Johannesburg toe te trek nadat ek my lewe lank in ’n klein dorpie gewoon het.


America Gopie (25)
America Gopie (25). Foto verskaf
America Gopie (25). Foto verskaf

Vanwaar?

Dundee, KwaZulu-Natal.

Watter soort werk doen jy?

Ek is toegelaat as prokureur.

Wat verpes jy?

Wreedheid teenoor diere en swak tafelmaniere.

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek my graad op 21 behaal het.  

Drie rose, drie gebroke harte

Sandy Thompson (32)

Vanwaar?

Ek is in Johannesburg gebore, maar het die voorreg gehad om as kleindorpse meisie in Nigel groot te word, voor ek vir hoërskool Springs toe getrek het. Ná matriek het ek die groot stadslewe van Londen ervaar en daarna het ek my studies in Stellenbosch voltooi.

Watter soort werk doen jy?

Ek werk saam met kliënte en moedig hulle aan as persoonlike afrigter terwyl hulle daaraan werk om hul doelwitte te bereik.

Wat verpes jy?

Mense wat die gim deurmekaar los deur nie hul gewigte en toerusting weg te pak nie. Ek verloor dadelik respek vir ’n persoon as ek sien hulle doen dit.

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het die tyd waarin ek 5 km kan aflê, met 20 minute verminder. 

Taryn Champion (29)

Vanwaar?

Ek is in Durban gebore en hoewel my gesin Johannesburg toe getrek het toe ek twee jaar oud was, is ek nog in my hart ’n Durbaniet.

Watter soort werk doen jy?

Bedags is ek ’n voorstelskrywer en saans bestuur ek ’n klein kreatiewe agentskap saam met my beste pel/sakevennoot.

Wat verpes jy?

Ek kan dit nie verdra as mense oopmond eet nie. Het jou ma nie vir jou maniere geleer nie?

Wat is jou grootste prestasie?

Dat ek pad gegee het uit ’n toksiese verhouding van vyf jaar en my eie maatskappy met my sakevennoot begin het. 

Chantelle van Aarde (26)

Vanwaar?

Ek het in Middelburg, Mpumalanga grootgeword, maar woon en werk tans in Pretoria.

Watter soort werk doen jy?

Ek is ’n chemiese ingenieur. Ek het my meestersgraad in 2018 voltooi en vanjaar met my doktorsgraad begin.

Wat verpes jy?

Irriterende gewoontes. Soos iemand wat heeltyd ’n pen kliek of met hul voet tik.   

Wat is jou grootste prestasie?

Ek het my ingenieursgraad behaal. Daar was oomblikke van twyfel en nou, twee jaar later, vier ek dit steeds. 


Kyk elke Donderdag om 19:00 na The Bachelor SA op die Mnet-kanaal 101.