STAR WARS: THE LAST JEDI

SONDAG 9 SEPTEMBER 20:05 2017. 152 MIN. 13G

M-NET

Fantasie.

Foto: Walt Disney

In dié jongste aflewering van die Star Wars-sage word die Jedi-meester Luke Skywalker se vreedsame, stil bestaan in afsondering op sy kop gekeer as gevolg van sy kennismaking met Rey, ’n jong vrou wat sterk tekens van die Force toon.

Sy daag op sy eiland op en dring daarop aan dat hy haar touwys maak en as ’n Jedi oplei sodat sy sy suster, Leia, kan help om die bose First Order van Kylo Ren en General Hux te verslaan.

Met Daisy Ridley en Mark Hamill (foto), John Boyega en Carrie Fisher. 

AMERICA ADRIFT

VRYDAG 7 SEPTEMBER 21:30 2016. 80 MIN. O13

SABC3

Drama.

’n Skooljuffrou dink sy het die Amerikaanse droom verwesenlik toe sy, haar man en drie seuns ’n gesellige huis op Long Island betrek.

Maar dan begin haar nagmerrie.

Haar jongste seun raak aan heroïen verslaaf en sy moet hom uit sy dwelmhel red.

Met Luna Lauren Velez en ­Angel Bismark Curiel (foto).

RAAISELKIND

SATERDAG 8 SEPTEMBER 20:00 2017. 96 MIN. O13

KYKNET

Drama.

Foto: KykNet Films

Dié fliek, gegrond op Annelie Botes se boek, handel oor ’n outistiese seun, Alexander, wat op nege dood in sy ouerhuis aangetref word.

Sy ma, Ingrid, is al een tuis en word in hegtenis geneem.

Die vraag bly spook: Het sy haar eie kind vermoor?

Met Diaan Lawrenson en Leah Velthuysen (foto). 

ANNABELLE: CREATION

SATERDAG 8 SEPTEMBER 21:00 2017. 109 MIN. 16GE.

M-NET

Gruwel.

Foto: Warner Bros.

’n Speelgoedmaker en sy vrou verwelkom ’n non en ses wesies in hul plaashuis 12 jaar nadat hul sewejarige dogter, Annabelle, in ’n motorongeluk gesterf het.

Vreemde verskynsels vind plaas toe een van die kinders ’n verbode kamer binnesluip en ’n pop ontdek.

Met Lulu Wilson (foto) en Anthony LaPaglia. 

THE EAST

SONDAG 9 SEPTEMBER 22:25 & 02:50 2013. 116 MIN. 13GT

E.TV

Aksie.

Foto: Fox Searchlight pictures.

’n Geheime agent kry opdrag om die East te infiltreer, ’n ekoterreurgroep wat toeslaan op firmas wat die omgewing besoedel.

Sy draai selfs hul leier ’n rat voor die oë, maar die bordjies word verhang toe sy ál simpatieker begin word teenoor die groep.

Met Ellen Page en Alexander Skarsgård (foto) en Brit Marling.