Televisie

PREDESTINATION

E.TV
VRYDAG 6 JULIE 22:00
2014. 97 MIN. 16GT
Wetenskapsfiksie.

’n Polisieman reis deur tyd om misdade te keer voor dit gebeur. Hy moet nog een laaste taak aanpak om ’n misdadiger vas te trek wat kat-en-muis met hom speel. Eers dan kan hy verhinder dat duisende mense hul lewe in ’n aanval verloor.

Ethan Hawke en Sarah Snook.


VASELINETJIE

KYKNET
SATERDAG 7 JULIE 20:00
2017. 103 MIN. 16T
Drama.

Helena Bosman, oftewel Vaselinetjie, is ’n wit meisie wat deur haar bruin grootouers in die Noord-Kaap grootgemaak word.

Toe die welsyn uitvind sy is nie hul biologiese kleinkind nie, word sy na ’n staatsweeshuis gestuur. Die fliek is gegrond op Anoeschka von Meck se jeugroman.

Marguerite van Eeden en Shaleen Surtie-Richards.


FLATLINERS

M-NET
SATERDAG 7 JULIE 21:00
2017. 109 MIN. O13T
Gruwel.

Vyf mediese studente pak ’n uitdagende, gevaarlike eksperiment aan om insig te kry in wat gebeur wanneer ’n mens sterf.

As deel van hul eksperiment laat hulle hul hart vir kort rukke stop om skyndoodervarings te beleef. Dan raak hulle met sondes uit hul verlede gekonfronteer.

Diego Luna, Nina Dobrev en Ellen Page.


THE CALL

E.TV
SATERDAG 7 JULIE 22:00
2013. 94 MIN. 16GT
Misdaad.

’n Veteraan-operateur by ’n noodgevallesentrum red elke dag lewens as deel van haar werk.

Sy kry ’n noodoproep van ’n tienermeisie wat ontvoer is en moet saam met die ontvoerde tiener werk om haar uit die kloue van haar ontvoerder te red. Sal sy haar kan help voor dit te laat is?

Halle Berry en Abigail Breslin.


DOCTOR STRANGE

M-NET
SONDAG 8 JULIE 13:00
2016. 115 MIN. O13G
Fantasie.

Die skatryk neurochirurg Stephen Strange beseer sy hande ?in ’n motorongeluk. Niks wat hy beproef, help vir sy beserings nie. In Nepal ontmoet hy die leier van ’n groep towenaars. Dié besluit om hom touwys te maak in die wêreld van die mistieke kunste.

Chiwetel Ejiofor, Benedict Cumberbatch en Tilda Swinton.


VALERIAN AND THE CITY OF A THOUSAND PLANETS

M-NET
SONDAG 8 JULIE 20:05
2017. 137 MIN. O13G
Wetenskapsfiksie.

Dié fliek, wat op die strokiesboekreeks gegrond is, speel in die 28ste eeu af. Dit gaan oor twee ruimteagente wat moet saamwerk om Alpha Space Station, oftewel die Stad van Duisend Planete, en die heelal van ’n donker mag te red.

Dane DeHaan en Cara Delevingne.

Reekse

LETHAL WEAPON

E.TV
WOENSDAE OM 20:30

Die polisiedramareeks is op die treffer-rolprentreeks van die 1980’s en ’90’s gegrond. Die gesinsman en speurder Roger Murtaugh het pas teruggekeer werk toe ná ’n hartaanval.

Sy dokter raai hom aan om sy stresvlakke laag te hou, maar dit lol toe hy ’n nuwe werkmaat, Martin Riggs, kry. Martin het Kalifornië toe getrek vir ’n nuwe begin.

Damon Wayans en Clayne Crawford.


3%

NETFLIX

Dié distopiese rillerreeks speel in die toekoms in die Brasiliaanse stad São Paulo af. Die meeste mense leef in armoede. Jaarliks kan dié wat 20 word aan ’n rits fisieke en sielkundige uitdagings, die Process, deelneem.

Net 3% van deelnemers wat al die toetse slaag kom in aanmerking vir die groot prys: om op ’n eilandparadys in weelde en gemak te leef.

Vaneza Oliveira, João Miguel en Bianca Comparato.