Eers was daar haar kleptomanie wat weer kop uitgesteek het en toe haar drama met die sielkundige Ben Geldenhuys (Rowan Cloete) wat met noodlottige gevolge geëindig het.

Nie net moes haar geliefdes onlangs met die skoknuus van haar dood vrede maak nie, maar aanhangers sluk ook nog swaar aan dié nuus.

Talle kykers is ook ontsteld en hartseer dat die akteur Ramey Short se karakter, die sjarmante dr. Quinton Meyer, en Karli nie die gelukkige einde sal hê waarop hulle gehoop het nie.

“Sal elke keer as ek Quinton sien aan Karli dink,” skryf een leser op Facebook. “Wat nou van arme Quinton,” het ’n ander laat hoor.

“Ek was geskok. Dit was drasties,” vertel Ramey oor sy gevoel toe hy van Karli se storielyn uitgevind het.

“Ek gaan haar sin vir humor mis,” voeg hy by. 

Hy sal ook nooit vergeet toe Pascal vir hom ’n grappie vertel het net voordat hulle op stel moes begin skiet het en hy nie kon ophou lag nie. Die grap het oor ’n mielie gegaan, maar Ramey het nie veel meer uigebrei nie. “Ons het fun tye gehad net voor ons moes ingaan studio toe,” vertel Ramey.

View this post on Instagram

Whats gonna happen tonight between ‘Quinton’ & ‘Karli’? Comment NOU ?? — @pascalie @binnelanderstv @kyknettv #actor #actress #televisionseries #binnelanders #fun

A post shared by R A M E Y S H O R T (@rameyshort) on

Die akteur Germandt Geldenhuys (Louis Koster) is dit eens dat hy Pascal se droë sin van humor gaan mis. “Sy is iemand wat altyd bly was om jou te sien en het jou altyd met ’n breë glimlag op die naam gegroet,” vertel hy.

Germandt vertel ook dat hy nooit die dag sal vergeet toe een van die ander akteurs moes flou val in ’n toneel nie en Pascal besluit het dat sy die een is wat die beste weet hoe om flou te val.

“Sy het daar en dan sommer vir ons almal flouval-lesse gegee want sy het al telkemale in (haar) lewe flou geval,” vertel Germandt. “Dit was prettig en skreeusnaaks en die resultaat was ’n baie oortuigende floute vir die karakter wat moes val,” voeg hy by.

Op Facebook het Pascal vanuit Italië, waar sy tans bly, ’n video geplaas.

“Karli het ingekom met ’n hashtag ‘bang’ en sy is uit met ’n ‘bang’, dit is baie skielik, so ek hoop nie die gehoor huil te veel nie,” vertel sy in die video. “Baie, baie dankie vir die kykers dat julle my verdra het, vir julle geduld; dat ek kon leer vir ses jaar voor almal en in almal se sitkamers,” sê sy.