Boer Johan
Boer Johan. Foto: kykNET.

En hierdie 28-jarige boer van Marquard in die Vrystaat praat uit ervaring. Nadat Johan sy diploma in landboubestuur in Suid-Afrika voltooi het, het hy sy praktiese jaar op ’n plaas in Montana, Amerika, gaan doen om meer oor boerdery te leer. Dit is daar waar hy volwasse geword het, sê die boer met die kortgeknipte baard, snor en hare.

“Daar is niemand wat vir jou sê jy moet opstaan nie, dit is jou eie verantwoordelikheid. En jy moet hard werk. Dit is belangrik om uit jou eie comfort zone te kom.”

Terug in Suid-Afrika het Johan begin boer op ’n gedeelte van die grond waar hy grootgeword het. Die plaashuis staan in die middel van die Vrystaatse vlakte, omring deur landerye met mielies, sonneblom en sojabone.

In die veld loop beeste en skape. Langs die huis is ’n swembad, want in die somermaande kan dit warm word in hierdie omgewing. Twee houtdeure loop vanuit die huis uit op die kuierstoep waar hy heel goed met sy Weber-braai oor die weg kom, want hy erken hy is nie juis te ervare in die kombuis nie.

“Ek leef so ’n bietjie soos ’n bachelor hier,” bieg hy. “Ek eet maar ongesond!”

En die ideale meisie wat hom hiervan moet kom red?

Sy moet ook, net soos hy, ’n "go with the flow"-tipe mens wees, som hy dit op. “Sy moet sosiaal wees en oukei daarmee wees om negeuur die aand in die bakkie te klim en by vriende te gaan kuier, want ek het ’n groot vriendekring van mense van my ouderdom hier rond. Sy moet ook iemand wees wat saam met my geestelik kan groei.”

Johan sê hy kan romanties wees as dit die regte persoon is. “My ideale afspraak is op die plaas met ’n buddy seat in die trekker en daarna ’n piekniek vir twee agter op my bakkie terwyl die son sak.”

Hy neem hierdie Boer soek ’n vrou-liefdespad nie ligtelik op nie. “Op 28 is dit nie meer ’n skoolverhouding nie,” sê hy. “Ek wil ernstig raak.”

Skryf in!
  • Tref boer Johan dalk jou oog en is jy lus vir ’n lewe op ’n Vrystaatse plaas? Dan moet jy voor middernag op 29 Julie 2021 ’n brief vir hom skryf om deel te wees van hierdie avontuur. 
  • Die volledige inskrywingsvorm is op kykNET se webblad, www.kyknet.tv, beskikbaar.
  • Voornemende pasmaats kan ook nou weer hand-afgelewerde briewe of pakkies stuur mits dit nie oop kosprodukte bevat nie.
  • Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, sal ook aanvaar word. Vir enige navrae kontak 079-335-5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media
  • Onthou, jy moet ouer as 21 en ongetroud wees. 


Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.