Almal moes ver ry vir dié kuier. Boonop het die senuwees effens geknaag, erken hulle toe Huisgenoot hulle hieroor pols.

Pretoria

Hentie moes al die pad van Clanwilliam in die Wes-Kaap tot in Pretoria kom om by Hantie te gaan kuier. Natuurlik was hy op sy senuwees, erken die rooibosboer sommer dadelik.

“Dit is ’n nuwe omgewing en dis vreemde mense. Maar ek het gedink as sý dit kon doen om vir my op die plaas te kom kuier, kan ek dit ook doen!”

Hantie het vir hulle ’n braai by haar suster se huis in die Jakarandastad gereël.

“Ek het Hantie se vriendekring as gawe mense, as hartsmense, ervaar,” vertel hy.

Hentie en Hantie het mekaar gevind. Hy moes haar f
Hentie en Hantie het mekaar gevind. Hy moes haar familie en vriende in Pretoria gaan ontmoet.

Mooinooi

Willem, sy buurman van Clanwilliam, was in dieselfde bootjie. Sy gekose meisie, Sanel, se mense bly op Mooinooi, ’n klein dorpie tussen Pretoria en Rustenburg. Hul kuier het tydens ’n spitbraai by die nabygeleë Buffelspoort-ontspanningsoord plaasgevind.

“So ’n ding kan maar senutergend wees,” vertel Willem. En dit het beslis ook nie gehelp toe Sanel hom voor die tyd tong-in-die-kies waarsku dat haar pa ’n groot man is “wat hom in die kop sal skiet as hy nie van hom hou nie!”

Maar Willem het hom toe as ’n “baie gawe man” ervaar, en boonop het hy toe wel lekker gekuier. As die groep lekker is, maak dit die kuier lekker, som hy sy ervaring op.

Potchefstroom

Van die oewer van die Visrivier in die Oos-Kaap tot op die oewer van die Mooirivier in Noordwes. Dit is die pad wat Graham, wat met melkbeeste in die Cradock-distrik boer, moes neem om sy no. 1-kuiergas, Ilne, se familie en vriende in Potchefstroom te gaan ontmoet.

Ook hy was maar bra senuagtig toe hy by die Anderland-lokaal, net buite die dorp, aankom waar hulle gebraai het.

“In die vorige episodes was die meisies heeltyd in mý hande; ek het besluit wat wanneer gaan gebeur, en nou skielik was ek in Ilne se hande! Ek het glad nie geweet wat volgende gaan gebeur nie.

“En natuurlik wou ek ook ’n goeie indruk op haar ouers en vriende maak, want dit was vir my belangrik dat hulle ook van my hou en ek hul goedkeuring het.”

Tog het hy die kuier enduit geniet, want ’n groep vreemde mense is nie vir hom ’n probleem nie, vertel Graham.

“Omdat ek iemand is wat baie maklik met enigiemand ’n geselsie kan aanknoop, kon ek tydens die aand baie gemaklik met almal wees.”

 
Ilne is Graham se nommer een meisie.
Ilne is Graham se nommer een meisie.

Worcester

Terwyl hierdie drie boere almal van die suide na die noorde moes reis vir die familiekuiers, was dit Damian wat van Gauteng na die Wes-Kaap moes gaan om Andrew se familie en vriende te ontmoet.

Hy het hulle as ‘n “liefdevolle en ondersteunende familie” leer ken, vertel die skaap- en beesboer van Bapsfontein.

Hulle het die aand by die familie-gastehuis op Worcester gekuier en weggelê aan waterblommetjiebredie, waarvoor Damian voor die tyd geskimp het.

Damian het teenoor Huisgenoot erken dat hy ook “baie senuagtig was”.

“Skielik is die rolle omgeruil. Ek was eers die gasheer op my eie grond, en nou is ek die gas op onbekende grond!”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.