Getroue kykers is welbekend met die lief en leed van seisoen 10 se Marilyn van Droogenbroeck. Sedert haar romanse met boer Johan op die rotse beland het, het sy met ons gesels oor haar kuns, oorsese reise en nou haar nuutgevonde liefde met ’n Johannesburgse sakeman.

Marilyn van BSV se nuwe liefde: ‘Ons het net gekliek’

Marilyn van Droogenbroeck

Nog ’n paartjie uit seisoen 10 – Helene Retief en Adriaan Geldenhuys – het vanjaar die knoop deurgehaak.

TROUFOTO’S: Boer Adriaan en Helene se intieme liefdesfees

Ook boer Carl Möller is getroud: met Danél, wat eers vir ’n ander boer geskryf het. 

PRAGFOTO’S: Boer Carl trou ná vroulief eers ander boer soek

Johan Botha het in 2014 tydens Boer soek ’n vrou op Helen Botha verlief geraak en hulle het vanjaar hul eersteling, Helen-Mari, verwelkom. 

Pragfoto's: Boer Soek 'n Vrou-paar se eersteling is hier

Dan was daar ook verlowings – soos boer Ruan Pienaar (uit seisoen 10) wat vanjaar vir Anne-Louise Swanepoel (uit seisoen 5) die groot vraag gevra het. 

Boer Ruan en sy Anne-Louise verloof

Ons het boer Toanette se kronkelpaadjie saam met haar gestap. Ná haar verhouding met Nardus van Wyk en toe met Adriaan Koch, is sy nou verloof aan ’n ouer man wat haar baie gelukkig maak. 

Boer Toanette oor no. 3: ‘Hy’s die één – vir seker’

Die wipwa-rit van een van Boer soek ’n vrou se gewildste paartjies – boer Rèan en Rox-Zee Veldhuizen – het aanhangers vasgenael gehou. Voordat Rox-Zee met ons oor haar mees onlangse verhouding gesels het, het sy die storie agter die pynlike verbrokkeling van haar en Rèan se verlowing gedeel.  

EKSKLUSIEF: Rox-Zee onthul kwetswoorde van boer Rèan se ma

Kom ons hoop 2020 hou net soveel opwinding in . . .