Die sangeres Leah, wat die program vir die tweede keer aanbied, het voorheen aan Huisgenoot vertel sy is baie opgewonde om die pad met die boere te stap. 

“Al 10 is regtig besonders,” vertel sy oor die boere wat later vyf sal word. 

Leah, wat vanjaar ’n bietjie gemakliker in die aanbiedersrol voel, weet nou hoe koud dit op die plase kan word. Foto: Verskaf

Vanjaar het geen vroulike boer die toptienlys gehaal nie, maar vir die eerste keer in die geskiedenis van die reeks neem ’n gay boer deel wat ’n manlike pasmaat soek.

Leah, wat vanjaar ’n bietjie gemakliker in die aanbiedersrol voel, gee 12 redes hoekom die 12de seisoen die moeite werd is om te kyk: 

1. Die program bied Suid-Afrikaanse egtheid;

2. As jy hou van liefde, sal jy daarvan hou;

3. Tien ongelooflike en besonderse boere neem deel;

4. Die boere woon op pragtige plase;

5. Elke plaas is uniek en in die uithoeke van die land;

6. Elke episode het ’n paar interessanthede;

7. Heelwat honde is in die reeks te sien;

8. 'n Mens kan die mooiste ngunibeeste sien; 

9. As jy hou van ’n groot verskeidenheid diere, sal jy daarvan hou;

10. As jy wil sien hoe die aanbieder skape jaag, moet jy dit kyk;

11. As jy hou van groot trekkers en wil sien hoe die aanbieder een bestuur; en

12. Daar woord ook ’n paar druiweplase besoek.


Lees ook weer hoe die top-10 boere se ideale pasmaat lyk:

ALBERT (29): MERINOSKAAP- EN WILDBOER VAN NOUPOORT IN DIE NOORD-KAAP

Albert (29), merino- en wild, Noupoort in die (Noo
Albert (29), merino- en wild, Noupoort in die (Noord-Kaap)

Sy ideale vrou moet iemand wees na wie hy kan opsien en wat hom altyd sal steun, sê Albert. “Sy moet ’n Christen en ’n familiemens wees en iemand met ’n lus vir die lewe wat alles saam met my sal aanpak,” voeg hy by. 

BRANDON (31): SKAAP- EN BEESBOER VAN STUTTERHEIM IN DIE OOS-KAAP

Brandon (31), skaap en bees, Stutterheim (Oos-Kaap
Brandon (31), skaap en bees, Stutterheim (Oos-Kaap)

Dié boer is op die uitkyk vir ’n plat-op-die-aarde vrou wat nie omgee om haar hande vuil te maak nie. “Ek is op soek na ’n maat saam met wie ek my lewe kan deel,” sê hy. 

DAMIAN (37): BEES-EN SKAAPBOER IN DIE BAPSFONTEINDISTRIK IN GAUTENG

Damian (37), bees en skaap, Bapsfontein (Gauteng)
Damian (37), bees en skaap, Bapsfontein (Gauteng)

Damian is op soek na ’n manlike pasmaat wat boerdery verstaan. Sy toekomstige maat moet ook bereid wees om saam met hom op sy plaas te gaan bly. En natuurlik moet die persoon ’n lewe saam met hom wil bou, voeg hy by. 

FRANCO (30): GEMENGDE BOERDERY IN MOORREESBURG IN DIE WES-KAAP

Franco (30), gemeng, Moorreesburg (Wes-Kaap)
Franco (30), gemeng, Moorreesburg (Wes-Kaap)

Franco kan sy ideale vrou in min woorde opsom: “Ek wil hê sy moet my passies met my deel. ’n Eerlike en opregte vrou. Sy moet ook van die buitelug en natuur hou, nes ek.”

GERRIT (31): SITRUSBOER VAN CITRUSDAL IN DIE WES-KAAP

Gerrit (31), sitrus, Citrusdal (Wes-Kaap)
Gerrit (31), sitrus, Citrusdal (Wes-Kaap)

Vir Gerrit is dit belangrik dat die vrou wat sy voete onder hom gaan uitslaan iemand is wat nes hy, naby aan God leef. “Ek is op soek na ’n vrou wat haar liefde uitstraal. Iemand wat ander wil help en ’n passie vir die lewe het.”

HENTIE (51): ROOIBOSTEEBOER OP CLANWILLIAM IN DIE WES-KAAP

Hentie (51), rooibostee, Clanwilliam (Wes-Kaap)
Hentie (51), rooibostee, Clanwilliam (Wes-Kaap)

Hentie is die oudste deelnemer aan die reeks en weet hoe sy ideale vrou moet wees. “Ek is op soek na ’n sielsgenoot wat eerlik, opreg en lojaal is. Iemand wat my belangstellings soos die plaaslewe deel en avontuurlustig is,” vertel hy.

ROHAN (31): TAFELDRUIWEBOER VAN AUGRABIES IN DIE NOORD-KAAP

Rohan (31) tafeldruiwe, Augrabies (Noord-Kaap)
Rohan (31) tafeldruiwe, Augrabies (Noord-Kaap)

Dié boer vertel hy het nou nog nie die regte vrou ontmoet nie. Daardie “regte vrou” is iemand wat nie net sy vrou sal wees nie; sy sal ook sy beste vriendin wees. “Sy moet goeie waardes hê en ’n kind van God wees.”

WILLEM (29): ROOIBOSTEEBOER OP CLANWILLIAM IN DIE WES-KAAP

Willem (29) rooibostee-boer, Clanwilliam (Wes-Kaap
Willem (29) rooibostee-boer, Clanwilliam (Wes-Kaap)

Willem soek iemand “wat deur dik en dun by my kan staan en die lewe saam met my kan geniet. My ideale vrou of maat moet eerstens ’n kind van die Here wees,” noem hy wat vir hom ’n prioriteit is. 

THEUNIS (36): TAFELDRUIWEBOER IN DIE DE DOORNS-KONTREI IN DIE WES-KAAP

Theunis (36) tafeldruiwe, De Doorns (Wes-Kaap)
Theunis (36) tafeldruiwe, De Doorns (Wes-Kaap)

Daardie spesiale iemand waarna hy op soek is, is "iemand wat speels is en nie tyd het vir drama nie. Sy moet saggeaard wees, maar ook nie op haar mond geval nie. Diep, maar nie te ernstig nie. Ondersteunend en belangstellend. En ’n Christen." 

GRAHAM (26): MELK- EN BEESBOER VAN CRADOCK IN DIE OOS-KAAP

Graham (26), melk en bees, Cradock (Oos-Kaap)
Graham (26), melk en bees, Cradock (Oos-Kaap)

Graham is die jongste boer in vanjaar se reeks. Hy sê daar is ’n paar eienskappe waarvan hy in ’n vrou hou: “Sy moet ook ’n bok vir sports wees. Sy moet ’n kind van God wees. Sy moet drome en menings hê. Sy moet lag,” sê hy. 

  • Boer soek ’n vrou word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 145) uitgesaai. 
  • Kom neem deel aan die gesprek. Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.