Boer Hannes. Foto: kykNET
Boer Stephan. Foto: kykNET
Boer Stephan. Foto: kykNET
Boer Marthinus. Foto: kykNET
Boer Marthinus. Foto: kykNET

Die aanbieder, Marciel Hopkins, het al die deelnemers by die ingang van die Diamant Estate naby die Paarl in die Wes-Kaap ingewag. Drie van die vyf boere wat nie die topvyf gehaal het nie, het alleen opgedaag: Hannes, Stephan en Marthinus. 

Boer Mathys

Boer Mathys. Foto: kykNET
Boer Mathys. Foto: kykNET

Irené was aan Mathys se sy. Hy vertel hy het met haar kontak gemaak nadat sy vir hom ’n brief geskryf het. Hulle het begin kuier, maar hy sê dadelik: “Die Facebook-term official . . . ons is nog nie daar nie.”

Boer PF

Boer PF. Foto: kykNET
Boer PF. Foto: kykNET

Dit was liefde met die eerste oogopslag toe PF kontak gemaak het met Chantelle, een van die meisies wat vir hom geskryf het. Toe Donderdagaand se reünie-episode in Oktober verfilm is, was hulle alreeds drie maande lank ’n paartjie.

Boere Niel en Richann

Boer Neil. Foto: kykNET
Boer Richann. Foto: kykNET
Boer Richann. Foto: kykNET

Soos verwag het Niel en Chereze, en Richann en René, hoogs verlief met steeds ’n vonkel in die oë opgedaag. Niel lag uit sy maag en erken dat hulle nou amptelik ’n paartjie is: “Ek dink die skoot sit solid hoog, hoor!”

Richann en René bevestig aan Marciel dat hulle ste
Richann en René bevestig aan Marciel dat hulle steeds ’n paartjie is. Foto: Verskaf

Richann en René se bypassende blou hemde is opmerklik, maar Richann sê dadelik dit was nie beplan nie.

“Ons match maar per ongeluk die hele tyd,” sê René stralend. Die twee maak ook vir die eerste keer in die openbaar bekend dat hulle beplan om voortaan as ’n duo-sanggroep saam op te tree. Richann het gedink hulle moet die duo Die Plaashase noem, maar sy voel “dit is so ’n swak naam”.

Boer Albert

Boer Albert. Foto: kykNET
Boer Albert. Foto: kykNET

Dinge het toe nie reg uitgewerk vir Albert nie en hy daag alleen op. In die vorige episodes was dit vir kykers heel duidelik dat sy laaste plaasgas, Marlia, gehoop het op iets meer tussen hulle.

“Maar daardie verliefdheid het net nie van my kant gekom nie,” verduidelik die rooikopboer. “Ons het besluit om net vriende te wees, en sy het gekies om nie saam te kom na die reünie nie.”

Anders as wat kykers hom leer ken het, wys hy nou ook ’n ernstige kant: “Baie mense sê jy moenie gaan soek na iemand nie, jy moet bid dat die regte persoon op jou pad sal kom.”

Boer Déan

Boer Déan. Foto: kykNET
Boer Déan. Foto: kykNET

Déan en Marné daag wel saam op, maar sê hulle het eintlik besluit om net vriende te wees. Sy wou graag reünie toe kom om haar Boer soek ‘n vrou-ervaring “mooi af te sluit,” verduidelik sy haar teenwoordigheid.

’n Bewoë Déan vertel hy en Marné het besluit om ee
’n Bewoë Déan vertel hy en Marné het besluit om eerder net vriende te bly. Foto: Verskaf

Déan raak emosioneel. Hy vryf met sy hand oor sy nat oë en sy plaas haar hand vertroostend op sy been. Dit is ’n moeilike situasie waarin hulle nog nooit was nie, sê hy.

“Ek sal nie sê daar is niks nie, maar daar is ietsie missing.” 

Boer Kobus

Boer Kobus. Foto: kykNET
Boer Kobus. Foto: kykNET

Een van dié seisoen se groot verrassings was moontlik toe Kobus die vakansieweek alleen bygewoon het. Nou daag hy met ’n nuwe vriendin, Nastassja, op. Hy verduidelik ’n gemeenskaplike kennis het hulle aan mekaar voorgestel nadat die plaasbesoeke klaar verfilm is en nie een van sy drie gaste op die plaas agtergebly het nie.

Kobus daag met ‘n nuwe vriendin, Nastassja, op. Fo
Kobus daag met ‘n nuwe vriendin, Nastassja, op. Foto: Verskaf

“Ons kuier so ’n bietjie en ek hoop ons sal nog vir ’n lang ruk saam kuier,” verduidelik hy.

Wat sê die boere oor die reeks?

En die huidige boere se raad aan die boere wat vir die volgende seisoen wil inskryf?

“Moenie twee keer dink nie, doen dit net!” sê Albert aan die einde van die program.

Skryf in

Suid-Afrikaanse boere wat na liefde soek kan nou vir die 14de seisoen van Boer soek ’n vrou inskryf.

  • Besoek kykNET waar jy ’n inskryfvorm kan aflaai en aanlyn kan inskryf.
  • Of bel Marche Media by 079 335 5137.