Hulle is:

  • Andrew, Arno en Ivan vir boer Damian
  • Elrene, Ilné en Nikola vir boer Graham
  • Des, Hantie en Hester vir boer Hentie
  • Marcia, Nericha en Renette vir boer Theunis
  • Carissa, Jhelizé en Sanel vir boer Willem

Kyk hier na grepe uit vanaand se episode:

Boer Theunis help vir Nericha, Marcia en Renette in die kombuis.

Maar terwyl die metgeselle nou in die volgende paar weke kans kry om hul boer van nader by te leer ken, wou Huisgenoot intussen ook meer uitvind oor die boere.

Boer Damian verwelkom sy gaste. Ivan en Arno loop
Boer Damian verwelkom sy gaste. Ivan en Arno loop voor.

Hier verklap hulle meer oor hulself:

Watter bakkie ry jy?

  • Boer Damian: Ford Ranger
  • Boer Graham: Ford Ranger
  • Boer Hentie: 'n Plaasbakkie
  • Boer Theunis: Ford Ranger
  • Boer Willem: Die beter een van almal: Toyota Hilux.
Boer Graham wys vir Leah hoe hy die dames se kamer
Boer Graham wys vir Leah hoe hy die dames se kamers voorberei het vir die kuier.

Watter kos eet jy glad nie?

  • Boer Damian: Ek is nie 'n ou vir soesjie nie. Ek sal prawns eet, maar nie rou vis nie.
  • Boer Graham: Ek eet alles, maar ek is nie regtig lief vir skaapkop nie.
  • Boer Hentie: Ek is nie baie lief vir afval nie.
  • Boer Theunis: Geblikte aspersies. Dit proe nie lekker nie en dit lyk nie baie mooi nie!
  • Boer Willem: Ek eet enige ding, ek is nie vol fiemies nie.

Gunstelingdrankie by ’n braai?

  • Boer Damian: Koeldrank. Veral passion fruit en lemonade. Ek drink nie alkohol nie.
  • Boer Graham: Castle Lite.
  • Boer Hentie: Ek hou van bier, whiskey en wyn. Wanneer daar ’n paar mense is, kom daar so af en toe ’n paar Jägermeisters verby.
  • Boer Theunis: Gin en tonic.
  • Boer Willem: Brandewyn en Coke is darem baie lekker.
Boer Hentie drink ‘n glasie wyn saam met sy pasmaa
Boer Hentie drink ‘n glasie wyn saam met sy pasmaats. Hantie sit lans hom.

Waarvoor is jy die bangste in die lewe?

  • Boer Damian: Ek het kwaai hoogtevrees.
  • Boer Graham: Spinnekoppe.
  • Boer Hentie: Ek is redelik bang vir hierdie groot spinnekoppe wat in dakke sit. En ek is versigtig vir slange.
  • Boer Theunis: Daar is nie regtig iets nie.
  • Willem: Vir spinnekoppe wat onverwags naby jou verskyn. As jy hom nog op ’n afstand kan sien, is dit oukei.

Wat is jou Nuwejaarsvoornemens?

  • Boer Damian: Nie veel nie, maar as daar is, sal dit maar om die plaas draai. Miskien om meer tyd op die plaas te bestee?
  • Boer Graham: Ek wil ’n bietjie meer oefen.
  • Boer Hentie: My grootste wens vir die Nuwejaar is om net gelukkig te wees met my gekose maat.
  • Boer Theunis: Ek glo nie regtig daarin nie. As ek iets wil verander, dan doen ek dit sommer dadelik.
  • Boer Willem: Nee wat, ek vat hom maar soos hy kom.