In die jongste episode van Boer soek ’n vrou moet
In die jongste episode van 'Boer soek ’n vrou' moet die boere hul finale keuses maak. Foto: Facebook.

In ’n spanningsvolle episode van die maatsoekprogram Boer soek ’n vrou waar elke boer ná ’n belangrike besluit met een deelnemer moes opeindig, is boer Kobus se opstal nou besonders leeg.

“Ek gaan dit nie lank maak nie. Julle is twee bitter special vroue. Só special dat ek nie ’n keuse kon maak tussen julle twee nie,” begin Kobus in die jongste episode terwyl Lynette en Maxie op sy besluit wag.

Boer Kobus maak die moeilike besluit om albei vrou
Boer Kobus maak die moeilike besluit om albei vrouedeelnemers huis toe te stuur. Foto: kykNET.

“So, ek gaan vir julle albei vra om huis toe te gaan vandag. Baie baie dankie dat julle gekom het, ek waardeer dit opreg,” sê Kobus.

Dié besluit kom vir kykers as ’n skok aangesien Lynette nog vroeër in die episode geglo het Kobus gaan haar kies.

“My intuïsie vertel vir my: ‘Jy is op die regte pad, jy is op die regte plek.’ Ek hoort hier. Dit is my eindbestemming,” vertel Lynette.

Maxie en Lynette wag vir Kobus om sy besluit te ma
Maxie en Lynette wag vir Kobus om sy besluit te maak. Foto: kykNET.

Maxie het egter al voor die groot besluit laat val dat sy vermoed sy én Lynette is moontlik op pad huis toe, veral as Kobus nie 100% seker is oor wie hy moet kies nie.

“Ek dink dit is vir hom moeilik om ’n keuse te maak,” sê Maxie.

Tog hou Kobus vol dat nie een van die twee vrouedeelnemers iets verkeerd gedoen het nie, en dat dit hul kort tyd saam was, wat hom eindelik gekniehalter het.

Lynette was oortuig dat Kobus haar gaan kies.
Lynette was oortuig dat Kobus haar gaan kies. Foto: kykNET.
Maxie het reeds vroeg vermoed dat Kobus albei vrou
Maxie het reeds vroeg vermoed dat Kobus albei vroue huis toe gaan stuur. Foto: kykNET.

“Ek kan niks verkeerd sê van die vroue nie. Ek het net iets binne-in my wat sê: ‘Gee nog kans, wie weet, dalk het die Here nog vir my ’n ander plan’,” vertel Kobus in die episode.

“Jy rol nie ’n klip om en tel liefde op en druk dit in jou sak nie. Liefde is tyd,” sê hy.

Richann kies vir René.
Richann kies vir René. Foto: kykNET.

By Richann se plaas gaan kuier Marizel en René vir die skilderbokkies en Meatmaster-skaapkudde. Al lê die groot besluit voor, is Marizel seker dat sy later huis toe gaan. 

“Ek het beslis vrede in my hart oor wat vandag gaan gebeur. Jy kan sien dat daai spark tussen hulle twee daar is, en ek is regtig baie bly vir hulle,” sê sy.

Richann bevestig later haar vermoede wanneer hy met trane in sy oë vir René bo Marizel kies.

“Ek dink dit was die beste moontlike uitkoms van hierdie proses. Dit voel lekker,” verduidelik René.

Déan kies vir Marné.
Déan kies vir Marné. Foto: kykNET.

Kykers wat geglo het boer Déan gaan Marinel kies, moes ook hartseer toekyk hoe sy die plaas verlaat.

Die emosies het omtrent hoog geloop ná dié besluit, veral nadat Marinel verduidelik het hoe sy Déan sal bystaan as sy gekies sou word en hulle moontlik later trou.

“Ek sal hom ondersteun in alles wat hy doen. Ek sal hom opbou in alles wat hy doen en motiveer deur die lewe, help besluite neem en net vir hom ’n goeie vrou wees,” sê sy.

In die vorige episode het Albert vir Marlia gevra
In die vorige episode het Albert vir Marlia gevra of sy 'n bietjie langer op die plaas wil bly. Foto: kykNET.

Niel is trots dat hy sy “kaarte teen sy bors” gehou het, en dit nie duidelik gemaak het wie hy gaan kies nie.

“Hierdie week was so emosioneel en ons het almal soveel highs and lows gehad, en ek dink ons het op ’n tyd ’n oomblik gehad toe alles ’n bietjie real geraak het,” verduidelik Chereze voor die groot besluit.

Boer Niel gesels oor die moeilike besluit wat hy m
Boer Niel gesels oor die moeilike besluit wat hy moet maak. Foto: kykNET.
Niel kies vir Chereze.
Niel kies vir Chereze. Foto: kykNET.

“Ek was emosioneel, maar dit was oomblikke,” beaam Monique. “So ek dink hierdie was ’n proses in my lewe wat ek die rustigste kon hanteer en myself regtig oorgee, want ’n mens kan niks meer doen as om net absoluut jouself te wees nie,” sê sy.

Tog kies Niel vir Chereze om op die plaas agter te bly.

“Ek was so geskok, so my hart begin nou eers weer lewe kry, maar ek is baie bly met sy keuse,” vertel Chereze ná die besluit.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe