FLIEKS

COLLATERAL BEAUTY (M-NET)

VRYDAG 4 MEI 04:25 2016, 97 MIN, O13T

Drama

’n Reklamebeampte van New York onttrek van die lewe nadat hy ’n tragedie beleef het.

Terwyl sy bekommerde vriende desperaat probeer om weer met hom kontak te maak, skryf hy briewe aan die Liefde, Tyd en Dood.

Hy kry dan onverwagte antwoorde. Met Will Smith (foto) en Kate Winslet.

Will Smith. Foto: Warner Bros. Pictures


ONCE UPON A TIME IN VENICE (M-NET)

SATERDAG 5 MEI 21:00 2017, 94 MIN, 16GT

Aksie

’n Privaat speurder van Venice Beach, Kalifornië, raak erg omgekrap toe skurke sy hond, Buddy, steel.

Hy wend hom tot hul leier en hulle sluit ’n ooreenkoms: Om Buddy terug te kry, moet hy die boeweleier se gesteelde geld en dwelms terugkry.

Met Bruce Willis (foto).

Bruce Willis Foto: RLJ Entertainment


KAMPTERREIN: DIE MOVIE (KYKNET)

SATERDAG 5 MEI 21:30 2017, MIN, O13

Komedie

Die Fouché-gesin kampeer elke jaar in die Buffelspoort-­vakansieoord. Maar toe hulle hierdie keer daar opdaag, het ’n ander gesin hul gereelde woonwastaanplek ­beset. En dit beteken net een ding: oorlog.

Met Louw Venter en Kaz McFadden (foto).

Foto: Indigenous Film


HEAVEN IS FOR REAL (E.TV)

SONDAG 6 MEI 13:00 2014, 99 MIN, O

Drama

’n Pastoor en sy vrou se seuntjie ondergaan ’n noodoperasie en herstel dan wonderbaarlik.

Maar dan kom die skok – hy vertel hulle hy was hemel toe en terug.

Sy pa moet die moed bymekaar­skraap om dié verhaal wyer te versprei.

Gegrond op ’n ware verhaal.

Met Greg Kinnear en Connor Corum (foto).

Foto: TriStar Pictures





GODZILLA (E.TV)

SONDAG 6 MEI 20:00 2014, 123 MIN, O13

Aksie

Kort nadat ’n bomkenner met sy ­gesin herenig is, word hy gedwing om Japan toe te gaan om sy vervreemde pa te help.

Albei mans word in ’n krisis gedompel toe die monsterkoning, Godzilla, uit die see herrys.

Met Bryan Cranston en ­Elizabeth Olsen.

Foto: Warner Bros. Pictures


WAR FOR THE PLANET OF THE APES (M-NET)

SONDAG 6 MEI 20:05 2017, 140 MIN, 16

Wetenskapsfiksie

Die ape het baie verliese in die oorlog teen die mensdom gely.

Caeser (vertolk deur Andy Serkis) gaan op reis en kom teen ’n genadelose kolonel en sy makkers te staan.

Dit ontaard in ’n stryd om oorlewing. Ook met Woody Harrelson.

Foto: 20th Century Fox



OOK OP DIE KASSIE

BLITSBREIN (VIA)

  • VANAF DINSDAG 1 MEI OM 21:00

Dié splinternuwe vasvraprogram word deur Pietie Beyers (foto) aangebied.

Drie deelnemers ding mee om ’n plek op die podium, wat net die slimste en skerpste speler beskore is.

Die ­afdelings is onder meer wetenskap en geskiedenis, en die prysgeld beloop R120 000.

Foto: Rowyn Lombaard/Huisgenoot


SURVIVOR SA (M-NET)

  • VANAF DONDERDAG 3 MEI OM 19:00

Dié gewilde werklikheidsreeks is terug. Nico Panagio (foto) is weer in die aanbiederstoel.

Dié keer speel dit op die afgeleë Filippynse eilandgroep El Nido af.

Agttien Survivor-­deelnemers gaan 39 dae lank in ’n stryd om oorlewing gewikkel wees.

Nico Panagio Foto; MNET

Verwag sommer hope drama!