Die aanbieders Tracey Lange & Chris Jaftha

Die borrelende Tracey (33) is ’n gesoute TV- en radiopersoonlikheid.

Sy is die afgelope drie jaar ’n aanbieder van die kykNET-program Bravo! en het ’n program op die Kaapse radiostasie Heart 104.9FM.

Haar sexy medeaanbieder is al ’n dekade lank in die vermaakbedryf. Chris (34) is veral bekend as aanbieder van die joernaalprogram Pasella. Hy is ook ’n kranige model, danser en musiekteaterakteur.

Het jy geweet?
Meer as 50 lande het al hul eie weergawe van die reeks Dancing with the Stars.

Die deelnemers

Frank Opperman (57)

Dié veteraanakteur was al in TV-reekse soos Orkney Snork Nie, en Ouboet en Wors te sien. Nou gaan hy wys hoe rats hy op sy voete is!

Odessa Swarts (43)

Die steratleet Wayde van Niekerk se ma, Odessa, was ook op haar dag ’n kranige sportvrou. Nou wys sy wat op die dansbaan in haar steek.

Delron Buckley (40)

Dié gebore Durbaniet en sokkerlegende het onder meer vir Bafana Bafana uitgedraf in die Wêreldbekersokkertoernooie van 1998 en 2002.

Thando Manana (39)

Thando, van Port Elizabeth, was die derde swart rugbyspeler wat ’n Springboktrui gedra het. Hy is deesdae ’n rugbykommentator.

Juanita de Villiers (36)

Dié aktrise is veral bekend vir haar teaterwerk. Sy het ook in flieks soos Knysna en Die Ontwaking gespeel.

Thembisa Mdoda (35)

Thembisa het die TV-reeks Our Perfect Wedding aangebied. Sy het in 2017 ’n DStv Mzansi Viewers’ Choice-prys gekry.

Connell Cruise (30)

Dié plaaslike sanger het in 2014 roem verwerf toe hy ’n kontrak met die Grammy-bekroonde Amerikaanse vervaardiger L.A. Reid losslaan, wat al met Michael Jackson en Whitney Houston saamgewerk het.

Vanes-Mari du Toit (28)

Dié netbalster en -afrigter is deesdae ’n ontleder en kommentator op SuperSport. Sy het verlede jaar afgehaak met Matthew Proudfoot, die assistentafrigter van die Springbokke.

Liesl Laurie (27)

Dié gewese Mej. Suid- Afrika is nie net mooi nie, maar deesdae ook ’n omroeper op Jacaranda FM.

Liesl ken natuurlik haar ding voor die kamera en mikrofoon. Nou moet sy haar staal op die dansbaan wys.

Eden Classens (26)

Eden is veral bekend as die kelner Justin in die Kaapse sepie Suidooster en was al te sien in die hoofrol van die Afrikaanse fliek Rowwe Diamante. Hy speel van kleins af toneel en hou ook sy lyf model.

Zola Nombona (25)

Dié veelsydige aktrise het in 2016 ’n Golden Horn-prys vir die beste hoofaktrise losgespeel in die fliek Ingoma. Zola is ook bekend vir haar rolle in TV-reekse soos Intersexions en iNumber Number.

Ebenhaezer Dibakwane (23)

Dié komediant en akteur het in 2016 die nuwelingprys losgeslaan by die Savanna Comics’ Choice Awards. As verhoogakteur was hy in onder meer Marat/Sade en The Crucible te sien.

FOTO'S: IMDB, FACEBOOK, NATHAN KRUGER