Dié frase ken Kristian Alfonso goed nadat sy 37 jaar lank in die NBC-sepie Days of Our Lives ’n hoofrol vertolk het. Nou het sy eindelik besluit om die program te verlaat, berig Daily Mail

Die trefferreeks, waarvan die vervaardiging van seisoen 56 in September sal begin, sal nou die 56-jarige aktrise uitsluit wat miljoene lewens met haar kassiekarakter, Hope Williams Brady, aangeraak het. Hope is bes bekend vir haar romanse met Bo Brady (Peter Reckell).

Volgens die tydskrif Us Weekly het Kristian onthul baie het oor die jare aan die jare lange sepiereeks verander. “Ek was vir ’n ongelooflike lang tyd daar, en ek is uiters dankbaar dat ek vir so lank ’n deel van die Days of Our Lives-familie kon wees,” sê sy.

“Maar in die afgelope paar jaar was Days of Our Lives nie die Days of Our Lives soos ek dit geken het nie.”  

Tydens ’n onderhoud op ET online het die aktrise verduidelik die vervaardigers wou hê sy moes ’n blaaskans van vier tot vyf maande van die program neem en haar daarna na die skerm terugbring met ’n storielyn wat ’n vlootsoldaat behels. 

“Dit was nie iets wat ooit bespreek is nie, maar dis wat dit was. En om oor vyf tot ses maande of vier of vyf maande terug te kom – wat die tydraamwerk ook al was – ek het net gedink: ‘Weet jy wat? Dis tyd om werklik ’n nuwe boodskap te skryf,” sê sy. 

“Ek beplan nie om terug te keer en in te loer soos ander in die verlede gedoen het nie. Ek dink die hoofstuk is afgesluit en ’n nuwe een moet begin. Ek voel verlig. Dit was ’n wipwarit van emosies. Ek is oor niks spyt nie.” 

Terwyl Kristian haar laaste episode, wat in Oktober uitgesaai word, geskiet het voor vervaardiging weens covid-19 gestaak is, het sy vertel sy het in 2016 oorweeg om die program te verlaat nadat sy haar pa verloor het, berig People.

“Ek het in 2016 die eerste keer oorweeg om die program te verlaat oor redes wat ek eerder nie wil verskaf nie,” het sy in ’n onderhoud gesê. 

View this post on Instagram

#?? #days #??

A post shared by Kristian Alfonso (@kristianalfonso) on

“Dit was in die tyd toe ek my pa verloor het. Dit was die eerste keer dat ek werklik gedink het: ‘Weet jy wat? Dis tyd dat ek loop.” 

Die ster het nuus van haar bedanking op 7 Julie in ’n Instagram-plasing aan haar volgelinge bekendgemaak en haar dank vir die toegewyde steun oor die jare betuig.  

View this post on Instagram

#?? #??

A post shared by Kristian Alfonso (@kristianalfonso) on

Kristian is al die afgelope 19 jaar getroud met haar man, Danny Daggenhurst. Die egpaar het ’n 18-jarige seun, Jack. Sy het ook ’n seun Gino (30) uit haar huwelik met haar eerste man, Simon Macauley, en ’n stiefseun, Spartan, uit Danny sy eerste huwelik.

Kristian is duidelik weg van die stel ook goeie vriende met Alison Sweeney, wat ons ken as Sami in Days of our Lives. Die twee het onlangs saam gaan stap.

Bronne: DailyMail, US Magazine, ET online, PEOPLE, Instagram