Nee, hy verskyn net op 22 Oktober in ’n enkele episode van die kykNET-sepie Suidooster – en dit as homself.

Chris (Marcel van Heerden) loop Deon en sy verloofde, Marianne Vorster, raak toe hulle op pad is na ’n boekbespreking oor sy nuutste boek, Prooi.

Deon Meyer kuier op Suidooster se stel. Van links is Irshaad Ally (Rhafiek), Maurice Paige (Tyron), Marcel van Heerden (Chris), Marianne Vorster, Deon en Marco Spaumer (Tim). Foto: Verskaf.

Vir hom was die ervaring “erg intimiderend”, erken Deon.

“Ek moes sommer heelwat dialoog leer. Ek belowe ek het dit uit my kop geken, maar steeds daarin geslaag om ’n paar reëls te vergeet,” skerts hy.

Foto: Verskaf.

Tog was dit vir hom “ ’n lekkerte” om Suidooster se akteurs te ontmoet.

“Hulle is ’n klomp hoogs talentvolle en ruimhartige mense wat gesorg het dat ek en Marianne ’n onvergeetlike ervaring gehad het.”