“Ek het heelwat oor myself geleer, en om deur deelnemers omring te word wat ’n nuwe honger vir die musiekbedryf het, laat jou eie vuur weer warmer brand,” vertel sy.

Sy is een van dié VIA-reeks se vier mentors wat aspirantsangers touwys maak. Albei deelnemers wat onder Elvis Blue se vlerk was, is uit die kompetisie geskakel, terwyl Dewald Wasserfall nog albei sy kandidate oorhet.

Tarryn Lamb en Monique het elk een van die twee deelnemers oor wat hulle uit honderde video-inskrywings vir die TV-sangkompetisie gekies het

“Dis lekker om te sien hoe iemand se droom waar word en baie emosioneel as dit nie uitwerk nie,” sê Monique.

Bobby en Karlien van Jaarsveld, die aanbieders van Die Kontrak. Foto: Dino Codevilla.
Monique Steyn (links), Pierre Greef en Tarryn Lamb sing Ballade vir ’n Enkeling.
Jua­nita du Plessis het tydens een van die episodes opgetree. Foto: Dino Codevilla.

Twee uitklopkonserte is oor. Hierna sal die finale twee deelnemers aan hul enkelsnitte en musiekvideo’s werk.

Dan begin hul voorbereiding vir die Afrikaans Is Groot-konserte. Die wenner, wat met die opening van dié konsertreeks op 23 November in die Sun Arena, Time Square, Menlyn Maine, in Pretoria aangekondig word, sal in die konserte optree en met die groot prys wegstap – ’n platekontrak van Coleske Artists ter waarde van R1 miljoen.