“Sergio is ’n taktiese paramedikus wat, tesame met die kursus wat hy in Pretoria aanbied, ook antwoorde oor sy verlede kom soek,” vertel Emmanuel, wat ook in die dramareeks Erfsondes te sien was.

Emmanuel poseer vir ’n foto saam met die skrywer D
Emmanuel poseer vir ’n foto saam met die skrywer Deon Meyer, op wie se boek die aksiebelaaide reeks Trackers gegrond is. Foto: Verskaf/M-NET

Hy maak op 6 Augustus sy debuut in dié sepie.

Emmanuel maak binnekort sy debuut in dié sepie. Fo
Emmanuel maak binnekort sy debuut in dié sepie. Foto: kykNET

Emmanuel was veral mal oor al die staaltjies wat die akteur Ben Kruger (Okkie Ferreira) hom op die stel vertel het.

“Ben het ’n geskiedenis van wonderlike stories van die vermaakbedryf, en dit was heerlik om saam met hom te werk,” vertel Emmanuel.

Hoewel dinge soms uitdagend is tydens die inperking, is Emmanuel bly hy kan hierdie tyd saam met sy meisie, Sharlene Economou, deurbring. Hulle is sedert 2015 saam.

Emmanuel saam met sy meisie, Sharlene Economou, en
Emmanuel saam met sy meisie, Sharlene Economou, en haar dogter, Anthea. Foto: Verskaf

“Jy ontdek hoe julle as ’n paartjie is wanneer jy gedwing word om saam deur so iets te gaan. Dit het ons baie nader aan mekaar gebring en het ons laat besef ons hou eintlik regtig baie van mekaar,” vertel hy laggend.