NORMAN (M-NET)

DONDERDAG 17 MEI 04:05
2016, 118 MIN, 13T
Drama

’n New Yorkse swendelaar gee voor hy is invloedryk. Sy pad kruis met dié van ’n jong Israeliese politikus en hulle raak bevriend. Maar drie jaar later verander dinge toe dié einste politikus die premier van Israel word.

Richard Gere, Michael Sheen en Lior Ashkenazi.


HOME (SABC2)

SATERDAG 19 MEI 16:00
2015, 94 MIN, O
Animasie.

Buiteruimtelike wesens genaamd die Boovs neem beheer oor die aarde oor. Hulle skuif al die mense elders. Een meisie, Tip, kry dit reg om van hulle weg te kruip. Sy bevriend een van die Boovs wat smag na vriendskap en pret. Dan gaan soek die twee vriende haar ma.

Stemme van Jim Parsons, Rihanna en Steve Martin.


DIE PRO (KYKNET)

SATERDAG 19 MEI 21:00
2015, 90 MIN, O13T
Drama.

Tiaan en Dirkie is kranige branderplankryers en droom daarvan om eendag aan ’n groot toer deel te neem. Maar in die vakansie voor hul matriekjaar sterf Dirkie, en sy vriende en familie moet sy dood probeer verwerk.

Bennie Fourie, Arno Greeff en Edwin van der Walt, Viljé Maritz en Reine Swart.


THE BOOK OF HENRY (M-NET)

SONDAG 20 MEI 13:30
2017, 105 MIN, 13T
Misdaad.

In dié tranetrekker begin ’n onseker enkelma met twee seuns die aanwysings in ’n notaboekie volg wat haar geniale seun, Henry, geskryf het. Hy het dit gedoen om die meisie wat langsaan woon van haar aggressiewe stiefpa te red wat haar mishandel. Maar sal sy slaag?

Jaeden Lieberher en Jacob Tremblay, Naomi Watts en Maddie Ziegler.


HERCULES (E.TV)

SONDAG 20 MEI 20:00
2014, 98 MIN, O13G
Avontuur.

In dié aksiefliek is die magtige Griekse halfgod Hercules die leier van ’n groep huursoldate wat vir die hoogste bieër in Griekeland werk. Hulle word gehuur om lord Cotys se weermag op te lei om sy koninkryk teen ’n bloeddorstige krygsheer te verdedig. Dis makliker gesê as gedaan.

Dwayne Johnson, John Hurt en Ian McShane.


THE DARK TOWER (M-NET)

SONDAG 20 MEI 20:05
2017, 95 MIN, 13G
Aksie.

In dié fliek, wat op Stephen King se gelyknamige boekreeks gegrond is, kom ’n man wat daaraan gewoond is om mense dood te skiet teen ’n geheimsinnige man in swart te staan. Dié man wil die Donker Toring laat tuimel. Maar as dit gebeur, stort die heelal inmekaar.

Idris Elba en Matthew McConaughey.

REEKSE

DIE REPUBLIEK VAN ZOID AFRIKA (KYKNET)

DONDERDAE OM 20:00

Hier is 'n video uit een van die vorige reekse.

Karen Zoid keer terug as die president van die Republiek van Zoid Afrika. Dit is die vyfde seisoen van haar satiriese Safta-bekroonde geselsprogram.

Onder haar land­genote wat dié keer op haar rusbank ’n draai maak, is die gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen en die sangeres en TV-ster Patricia Lewis.


THE ALIENIST (NETFLIX)

Dié Amerikaanse misdaadreeks speel in 1896 af. ’n Reeks­moordenaar maak amok in New York.

Die polisiekommissaris Theodore Roosevelt (Brian Geraghty) vra die sielkundige dr. Laszlo Kreizler (Daniel Brühl) en koerantillustreerder John Moore (Luke Evans) om met die ondersoek te help.

Ook in die span is Sara Howard (Elle Fanning), ’n sekre­taresse wat die stad se eerste vrouespeurder wil word.

FOTO'S: PARAMOUNT PICTURES, SONY PICTURES, FOCUS FEATURES, 20TH CENTURY FOX, COLUMBIA PICTURES, PARAMOUNT TELEVISION, BRAINWAVE PRODUCTIONS, KYKNET