THE HUNTER’S PRAYER (M-NET)

SATERDAG 12 MEI 21:00 2017, 91 MIN, 16GT

Riller.

Foto: Saban Films.

’n Oudsoldaat wat as sluipmoordenaar werk, word gehuur om ’n jong vrou te vermoor.

Maar hy kry dit nie oor sy hart om die sneller te trek nie.

Hulle vorm ’n onwaarskynlike band en word dan gejag deur die einste mense wat haar dood wil hê.

Met Odeya Rush (foto) en Sam Worthington.


SY KLINK SOOS LENTE (KYKNET)

SATERDAG 12 MEI 21:00 2016, 89 MIN, 013T

Romantiese komedie.

Foto: M-Net.

’n Werktuigkundige by ’n motorhandelaar in Johannesburg ontmoet die meisie van sy drome.

Al probleem is sy is die baas se dogter.

Hy gee voor hy is in ’n musiekgroep, maar hoe lank kan hy die waarheid wegsteek?

Met Amalia Uys en Stiaan Smith (foto).


LIEFLING: DIE MOVIE (SABC2)

SONDAG 13 MEI 16:00 2010, 114 MIN, A

Musiekspel.

Foto: Indigenous Film Distribution.

Die fliek draai om Liefling Marais, ’n avontuurlustige meisie wat saam met haar gesin op Hartbeespoort woon.

’n Aantreklike boerseun het sy oog op Liefling, maar ’n wulpse rykmansdogter het hom weer in haar visier.

Met Lika Berning en Bobby van Jaarsveld (foto) en Elize Cawood.


PAIN & GAIN (E.TV)

SONDAG 13 MEI 20:00 & 02:35 2013, 129 MIN, 16GSNT

Komedie.

Foto: Paramount Pictures.

’n Gim-bestuurder van Miami besluit daar is net een manier om sy Amerikaanse droom te bereik: afpersing.

Hy werf twee liggaamsbouers en saam ontvoer hulle ’n ryk sakeman en oortuig hom om al sy bates aan hulle oor te dra.

Met Dwayne Johnson (foto), Mark Wahlberg en Anthony Mackie.


GOING IN STYLE (M-NET)

SONDAG 13 MEI 20:05 2017, 96 MIN, O13T

Komedie.

Foto: Warner Bros.

Drie bejaarde pelle is platsak nadat hulle uit hul aftreegeld gekul is.

Hulle besluit om die einste bank te beroof wat hul geld gesteel het om ’n gerieflike oudag vir hulself te verseker.

Met Michael Caine, John Ortiz en Alan Arkin (foto) en Morgan Freeman.


VICTORIA & ABDUL (M-NET)

SONDAG 13 MEI 22:25 2017, 111 MIN, O13GT

Biografie.

Foto: Universal Pictures.

In 1887 word ’n jong Indiese klerk as een van koningin Victoria se twee mansknegte gekies.

Die verveelde en eensame monarg geniet sy geselskap en hulle vorm ’n vriendskap.

Maar nie almal jubel oor hul hegte band nie.

Met Judi Dench en Ali Fazal (foto) en Tim Pigott-Smith


Ook op die kassie:

THE FOLLOWING (SABC3)

WOENSDAE OM 21:30

Foto: Fox.

In die tweede seisoen van die sielkundige rillerreeks is dit ’n jaar ná die reeksmoordenaar en kultusleier Joe Carroll se “dood”.

Die voormalige FBI-agent Ryan Hardy (Kevin Bacon, foto) en sy niggie die speurder Max Hardy het hul hande vol om Joe, wat sy dood vervals het, op te spoor.


SURVIVOR: CAMBODIA (SABC3)

BEGIN MAANDAG 7 MEI OM 19:30

Foto: SABC3.

In die 31ste seisoen van die werklikheidsreeks kry vorige deelnemers ’n tweede kans om vir die prysgeld mee te ding.

Anders as in vorige seisoene is dié 20 deelnemers aanlyn deur die publiek gekies en nie deur die vervaardigers nie.

Jeff Probst (foto) is weer die aanbieder.