Flieks

GUARDIANS OF THE GALAXY VOL. 2

M-NET
SONDAG 15 JULIE 13:00
2017 
136 MIN. 
O13
Aksie. 

Peter Quill en sy span Guardians vlug nadat Rocket batterye van ’n buiteruimtelike ras genaamd die Sovereign gesteel het. Boonop het hulle die Guardians gehuur om dit te beskerm. Die Guardians snuffel in dié tyd ook die geheim van Peter se herkoms uit.

Chris Pratt, Zoe Saldana, Dave Bautista en Bradley Cooper. 


9/11

M-NET 
SATERDAG 14 JULIE 21:00
2017
90 MIN.
16GT
Drama.

Toe die eerste vliegtuig tydens die terreuraanvalle van 9/11 die World Trade Center tref, word vyf mense in ’n hysbak vasgekeer: ’n bode wie se dogter verjaar, ’n miljardêr wat besig is om te skei, ’n instandhoudingswerker en ’n Russiese vrou wat besluit het om haar kêrel te los.

Olga Fonda, Charlie Sheen en Luis Guzmán, Gina Gershon en Whoopi Goldberg.


IRON MAN 2

E-TV
SONDAG 15 JULIE 20:00
2010 
124 MIN.
O13G
Aksie.

Die wêreld weet nou die tegnofoendi-miljardêr Tony Stark is Iron Man. Druk word van alle kante op hom uitgeoefen om sy tegnologie met die weermag te deel, maar hy vrees die geheime van sy superpak sal in die verkeerde hande beland. Boonop is ’n nuwe vyand op die horison.

Mickey Rourke, Robert Downey jr. en Gwyneth Paltrow.


WE’RE THE MILLERS

E.TV
SATERDAG 14 JULIE 21:40
2013
110 MIN
16ST
Komedie.

’n Kleinskaalse dwelmhandelaar is in die pekel by sy verskaffer toe hy die dagga verloor wat hy moes verkoop. Dié sê hom toe aan om die grens na Mexiko oor te steek om ander dwelms te gaan haal. Vir dié wilde avontuur vra hy ’n vrou en twee tieners om sy gesin te speel.

Jennifer Aniston, Jason Sudeikis, Emma Roberts en Will Poulter.


THOR: RAGNAROK

M-NET
SONDAG 15 JULIE 20:05
2017
130 MIN.
O13
Aksie.

Thor word op die planeet Sakaar gevange gehou en moet in dodelike gevegskompetisies om oorlewing veg. Hy kom selfs teen sy mede-Avenger The Hulk te staan. Thor moet daarna na Asgard terugkeer om die booswig Hela te stuit voor sy die wêreld vernietig.

Cate Blanchett, Chris Hemsworth, Tom Hiddleston, Idris Elba en Jeff Goldblum.

Reekse

ELKE SKEWE POT

KYKNET
BEGIN MAANDAG 9 JULIE OM 20:30

Die tweede seisoen van dié komediereeks oor vroue wat ’n afspraakwebtuiste bedryf, is hier.

Hélène Truter neem die hoofrol by Franci Swanepoel oor as die skepper van die webtuiste. Van die akteurs in Elke Skewe Pot is Neels Clasen, Carien Botha, Hélène, Marisa Drummond, Carine Rous, wat al ’n Safta vir haar spel in die reeks losgespeel het, en Kevin Smith.

Kevin en Neels is nuut in die reeks.


RIVIERA

DSTV CATCH UP
SONDAE OM 20:00 OP BBC FIRST (DSTV-KANAAL 119)

Rykdom, duur kunswerk en moord. Dié Britse dramareeks het alles en nog meer. Die kunskurator Georgina (Julia Stiles) se miljardêr-man, Constantine Clios (Anthony LaPaglia), sterf in ’n ontploffing op ’n seiljag in Monaco. Toe vind sy uit sy het hom eintlik nooit geken nie.

Iwan Rheon, wat Ramsay Bolton in Game of Thrones was, speel een van Julia se drie stiefkinders.