Waaroor gaan dit?

Dié reeks, wat nou op Netflix is, speel in ’n wêreld af waar pres. John F. Kennedy nooit doodgeskiet is nie.

In Oktober 1989, op presies die­selfde tyd, word 43 babas met supermagte gebore – en hul ma’s was nooit eens swanger nie. Sewe van die babas word deur die enigmatiese, skatryk wetenskaplike sir Reginald Hargreeves aangeneem.

Hy maak hulle by sy Umbrella Acad­emy groot om superhelde te word en eindelik die planeet te red. Maar dié spulletjie wanaangepaste helde spat later uitmekaar.

Jare later, ná hul surrogaatpa se dood, word hulle herenig.

Hulle moet saamspan om ’n bonatuurlike bedreiging af te weer. Maar alles verloop nie goed nie, juis omdat hul persoonlikhede so verskil.

Die reeks is gegrond op die strokiesprentboeke deur Gerard Way (41), hoofsanger van die rockgroep My Chemical Romance, wat in 2013 uitmekaar is, en die Brasiliaanse kuns­tenaar Gabriel Bá (42).

View this post on Instagram

The band is back together! #umbrellaacademy

A post shared by Gabriel Bá (@gabriel_ba) on

Die grootste deel is in Toronto, Kanada, verfilm. Die span het in Januarie 2018 begin skiet en sewe maande daaraan gewerk.

Hargreeves het elke kind wat hy aangeneem het ’n syfer as naam gegee na gelang van hul spesiale vermoëns.

Number One: Luther/Spaceboy

Luther word gespeel deur Tom Hopper (34).
Luther word gespeel deur Tom Hopper (34).

Luther is die “leier” van die Umbrella-span en word gespeel deur Tom Hopper (34). Dié karakter se superheldnaam is Spaceboy omdat hy vier jaar lank op die maan gebly het. Sy bolyf is dié van ’n aap.

Number Two: Diego/The Kraken

Diego word gespeel deur David Castañeda (29).
Diego word gespeel deur David Castañeda (29).

Diego, gespeel deur David Castañeda (29), is ’n moeilikheidmaker wat sy asem lank kan ophou en die pad van enige voorwerp wat hy gooi – veral messe – met sy verstand kan buig.

Number Three: Allison/The Rumor

Allison word deur Emmy Raver-Lampman (30) gespeel.
Allison word deur Emmy Raver-Lampman (30) gespeel.

Dié karakter word deur Emmy Raver-Lampman (30) van A Million Little Things gespeel. Sy verander die werklikheid deur te jok. Sy sê net: “I heard a rumour . . .”

Number Four: Klaus/The Seánce

Klaus word deur Robert Sheehan (31) vertolk.
Klaus word deur Robert Sheehan (31) vertolk.

Klaus is ’n dwelmslaaf wat met dooies kan praat. Dié rol word deur Robert Sheehan (31) vertolk.

Number Five: The Boy

 Number Five word deur Aidan Gallagher vertolk.
Number Five word deur Aidan Gallagher vertolk.

Hy’s 58 jaar oud, maar vasgevang in die lyf van ’n 13-­ jarige. Aidan Gallagher (15) vertolk dié rol.

Number Six: Ben/The Horror

Ben word gespeel deur Justin H. Min (28).
Ben word gespeel deur Justin H. Min (28).

Ben, gespeel deur Justin H. Min (28) van Pure Genius, het die vermoë om deur monsters van ander dimensies besete te raak.

Number Seven: Vanya/The White Violin

Ellen Page (32) is Vanya.
Ellen Page (32) is Vanya.

Ellen Page (32) is Vanya, die magtigste van almal al het haar pa opsetlik haar talente onderdruk.

Hul ‘pa’

Die Kanadese akteur Colm Feore (60) speel sir Reginald Hargreeves.
Sir Reginald Hargreeves se assistent is ’n sjimpan
Sir Reginald Hargreeves se assistent is ’n sjimpansee, dr. Phinneus Pogo (Adam Godley).

Die Kanadese akteur Colm Feore (60) speel die skatryk en eienaardige entrepreneur en Nobelpryswenner sir Reginald Hargreeves, die sewe kinders se aanneempa.

Hy was kil en wou nie hê hulle moet hom pa noem nie, maar eerder The Monocle.

Hul versorger, Grace (Jordan Claire Robbins), is ’n robot en sy assistent ’n sjimpansee, dr. Phinneus Pogo (Adam Godley). Colm was al in die TV-reekse Chicago en House of Cards te sien.

Ontmoet Cha-Cha

Die sangeres Mary J. Blige (48) speel Cha-Cha.
Die sangeres Mary J. Blige (48) speel Cha-Cha.

Cha-Cha is ’n man in die strokiesboeke, maar in die reeks is dié karakter ’n vrou. Die sangeres Mary J. Blige (48), wat in 2018 vir haar eerste Oscar benoem is vir haar spel in die fliek Mudbound, speel Cha-Cha.

Sy is een helfte van ’n duo sluipmoordenaars wat vir die agentskap Temps Aeternalis werk en deur tyd kan reis. ­Hulle probeer die planne van die Umbrella Academy-span fnuik.

Cha-Cha en haar kollega, Hazel (Cameron Britton), het ’n voorliefde vir suiker en dra helderkleurige maskers tydens hul sendings.

Die man agter die reeks

Die rocker Gerard Way (middel) het drome gehad om
Die rocker Gerard Way (middel) het drome gehad om te skryf en strokiesboeke te teken.

Voor sy dae as sanger in My Chemical Romance het die rocker Gerard Way van New Jersey drome gehad om te skryf en strokiesboeke te teken. Hy het in 1999 ’n graad in die skone kunste aan die School of Visual Arts in New York verwerf en as intern by DC Comics gewerk.

Hy het sy strokiesprentdrome laat vaar nadat hy in 2001 sy suksesvolle rockgroep gestig het.

Ná die uitreiking van hul derde album, The Black Parade, in 2006 het hy die idee vir The Umbrella Academy aan die uitgewers Dark Horse voorgelê. Sedertdien het drie reekse van dié boek al die lig gesien.

The Umbrella Academy is deur die mense om hom geïnspireer, sê Gerard.

View this post on Instagram

??

A post shared by Gerard Way (@gerardway) on

“Ek dink nie net ek en my familie is daarin nie; ook my vriende en die ouens van My Chemical Romance. Die Acad­emy se lede steun op mekaar, maar verskil ook dikwels, en elke lid het sy eie persoonlikheid.”

BRONNE: METRO.CO.UK, IGN.COM, BUSTLE.COM, POPBUZZ.COM,CBR.COM, EXPRESS.CO.UK, NME.COM
FOTO'S: NETFLIX
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!