Tom was vanaand verstom en het heelwat emosie getoon nadat hy gehoor het sy naam word as die wenner van Survivor SA: Fillipyne uitgeroep.

Die aanbieder, Nico Panagio, het die kykers en gehoor in spanning gehou terwyl hy die laaste stemme getel en dié seisoen se wenner tydens ’n regstreekse uitsending uit die Silverline Studios in Kaapstad aangekondig het.

Die slotepisode van twee uur was aksiebelaai, want soos verwag en soos voorheen in die seisoen gewys is, was die stemme vir die algehele wenner allesbehalwe voorspelbaar.

Jeanne het haar tweede immuniteitsuitdaging gewen. Sy kon toe kies wie sy saam met haar na die eindronde neem. 

Jeanne het toe vir Tom gekies.

Die jurie van sewe voormalige spelers, wat vroeër in die spel uitgestem is, het heelwat gehad om oor na te dink voor hulle hul besluit geneem het.

Maar op die ou end was die uitslag eenstemmig.

Meeste van die lede van die jurie het vir Tom gestem.

Die strewe om almal in die naam van Survivor te uitoorlê en uit te stof om die groot prys van R1 miljoen te wen, het skynbaar goed uitgewerk vir Tom, wat sê hulle het groot planne met die geld.

Tom se speelplan deur die kompetisie het nie aanklank by almal gevind nie, maar op die ou end was dit genoeg om die reeks te wen.  

Mededeelnemers aan Survivor South Africa: Philippines was ook teenwoordig en dit is veilig om te sê noudat die seisoen verby is, is dit tyd om te vier. 

Lees nog oor die Survivor South Africa: Philippines-wenner in die volgende uitgawe van Huisgenoot, wat volgende week op die rak sal wees.