Dié aktrise het onlangs haar debuut gemaak in Arendsvlei as antie Emily, die suster Daniel Lafras (vertolk word deur Cantona James) se ma. 

Die karakter gaan Zenobia se aanhangers egter 'n ander kant van die aktrise wys as dié wat hulle onlangs in Fiela se kind gesien het.

“Emily is nogal venynig en ek probeer om nie sulke mense in my lewe toe te laat nie. Die lewe is mos te kort,” sê Zenobia.

Sy sê sy het besluit om vir die rol te gaan ná die produksiehuis iemand gesoek het en sy “gelukkig beskikbaar” was.

“Dis so anders as Fiela se kind dat dit vir my lekker was om ’n heeltemal ander rol te speel,” sê sy.

Maar sy wil nie verklap hoe lank sy in Arendsvlei te sien is nie. “Emily se rol is die begin van ’n groot storielyn, so baie kan nog gebeur.”

Sy het dit baie op die stel van Arendsvlei geniet, vertel sy. “So lekker! Almal is so vriendelik en verwelkomend. En soos een groot familie.”

Sy het veral die grappies op stel geniet.

Kykers kan gerus uitsien na die “effek wat sy op Daniel het”, sê Zenobia. “Dis verreikend.”

  • Arendsvlei is elke Maandag tot Woensdag om 20:00 op kykNET & Kie, DStv-kanaal 145. 
  • Kom neem deel aan die gesprek. Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.