Van 8 Januarie 2019 sal dié twee weer verliefdes in die kykNET-dramareeks Dwaalster speel.

In dié reeks keer Tinarie se karakter, Annabel, ’n joernalis, na die fiktiewe Karoodorpie Maanhaarsdrif terug toe haar lewe in Kaapstad bedreig word.

Jacques (agter) speel Stian, ’n dokter, en Charlie, ’n welaf motorfiets­ryer, word deur Albert Pretorius gespeel. Foto: Verskaf.
Tinarie van Wyk Loots speel Annabel, ’n joer­nalis wat na haar tuisdorp terugkeer. Foto: Verskaf.

Haar pa, Frans (Albert Maritz), en suster, Ragel-Lee (Erica Wessels), woon nog op die dorp. Haar jeugliefde Stian (Jacques) het ook kort tevore teruggekeer.

Al voel dit eers vir Annabel asof sy nooit weg was nie, het die tyd nie stilgestaan nie.

Terence Bridgett (links) en Neels van Jaarsveld (regs) is die paartjie Ruan en Luan. In die middel is Jacques Bessenger. Foto: Verskaf.

’n Paartjie, Luan en Ruan (Neels van Jaarsveld en Terence Bridgett), het die plaaslike hotel opgeknap in die hoop om sterrekykers te lok.

Dan is daar ook die burgemeester, Ivy (June van Merch), en haar vriendin, Lettie (Joanie Combrink), wat gereeld koppe stamp.

June van der Merch is Ivy, Maanhaarsdrif se burgemeester wat ken van oordryf. Foto: Verskaf.

En die skokonthullings van Annabel se verslaggewing volg haar tot in die Karoo – met skrikwekkende gevolge vir haar en haar geliefdes.