Die bykomende episode sal ook, nes die ander dae in die week, om 18:30 op kykNET en kykNET & kie te sien wees.

Suidooster, wat nog nie eens drie jaar op die lug is nie, is onlangs by die South African Film and Television Awards (SAFTA) as die Suid-Afrikaanse sepie met die beste draaiboek aangewys.

Die rolverdeling van Suidooster. Foto: Verskaf.

Dit was ook ’n finalis teen die swaargewigte 7de Laan en IsiBaya in die afdeling vir die beste sepie, en die sangeres Tarryn Lamb (Kim in Suidooster) het die SAFTA-prys vir beste sepie-aktrise in ’n ondersteunende rol gewen.

Dean Smith en Denise Newman, wat onderskeidelik Wade en Bridgette in Suidooster speel, is opgewonde oor die nuwe skedule.

“By die afgelope KKNK het ek weereens besef hoe Suidooster ’n sepie vir almal is en dat ons daagliks deel raak van meer en meer mense se lewens,” sê Dean.

Denise Newman en Abduraghmaan Adams. Foto: Verskaf.

“Hoewel ons meer woorde moet leer weens die ekstra episode, doen ons dit met ’n glimlag, want Suidooster se aanhangers verdien ’n Vrydag-episode. Hul ondersteuning vir die sepie is verstommend,” beaam Denise.

Die eerste episode van Suidooster is op 16 November 2015 uitgesaai en het begin met drie episodes per week met ’n vierde episode wat in Julie 2016 bygevoeg is.