Talitha speel ’n 15-jarige tienermeisie, Alexis, wat drie jaar sonder haar ma moet klaarkom terwyl dié ’n ruimtesending na Mars lei.

Hilary Swank, Talitha Bateman en Josh Charles spee
Hilary Swank, Talitha Bateman en Josh Charles speel ’n gesin wat vir drie jaar van mekaar geskei word in Away. Foto: Netflix

Vertel ons van jou karakter

Alexis is ’n eerlike, toegewyde en slim jong meisie. Sy is meestal gehoorsaam aan haar ouers, maar gaan ook deur baie dinge en begin voel sy wil uit haar boksie klim deur nuwe mense te ontmoet en nuwe ervarings te beproef.

Hoekom wou jy deel wees van die rolverdeling?

Ek hou van die karakters en hoe hulle in die reeks uitgebeeld word. Elkeen het ’n mooi agtergrondverhaal en hul eie kompleksiteite, waartoe die akteurs ook bydra. Dit was cool vir my en het gemaak dat ek deel daarvan wou wees.

Hoekom sal tieners aanklank vind by die reeks?

View this post on Instagram

@netflix

A post shared by ♦?Talitha Eliana Bateman (@ttbate) on

Namate ek ouer word, sien ek hoe moeilik dit is vir jong kinders om weg van hul werkende ouers te wees, en soms is daar hierdie gevoel van “hulle kies hul werk bo my”.

Hoewel Alexis in die reeks haar ma aanmoedig om te gaan omdat sy weet dis voordelig in die groter prentjie, voel sy op ’n manier ook alleen en verlate, en dis moeilik vir haar.

Josh Charles en die Oscarbekroonde aktrise Hilary Swank speel jou ouers. Hoe was dit om saam met hulle te werk?

Hulle is albei ongelooflike mense, selfs buite die akteursbedryf.

Hulle is baie gaaf en het soveel wysheid om te deel. Dit was opwindend om saam met mense te werk wat so openhartig en gemaklik is om raad uit te deel, nie net oor toneelspel nie, ook oor die algemeen.

Ons het ses maande in Vancouver in Kanada verfilm en ek was nog nooit tevore so lank weg van my familie nie; hulle was altyd daar vir my.

View this post on Instagram

Monday’s. ????‍????

A post shared by ♦?Talitha Eliana Bateman (@ttbate) on

Wat dink jy van ruimte toe reis?

Dis wonderlik om te sien watter harde werk mense insit om Mars toe te gaan, en dit sal ongelooflik wees om dit eendag te sien gebeur, maar ek sal vir seker nie een van die mense wil wees wat daaraan deelneem nie!

Wat lê nog voor vir jou?

Away was die laaste ding waaraan ek gewerk het omdat dit voor lockdown klaar verfilm is. As gevolg van die covid-19-pandemie kan ons nie in persoon oudisies doen nie. Jy stuur net opnames van oudisies in. Ek sien baie uit daarna om terug te keer stel toe en weer met ander mense saam te werk.

Talitha sien uit daarna om haar akteursloopbaan vo
Talitha sien uit daarna om haar akteursloopbaan voort te sit. Foto: Gallo Images/Getty Images

5 COOL FEITE OOR TALITHA

1. Sy is die tweede jongste van agt kinders. “Maar ek voel soos die oudste, want ek is ’n bietjie van ’n beheervraat en speel baas oor my sibbes,” het Talitha al vertel.

2. Haar gunstelingseisoen is die winter en sy is mal oor reënerige, bewolkte dae.

3. Talitha is ’n boekwurm en hou van met haar neus in ’n boek sit.

4. As sy nie ’n aktrise was nie, sou sy haar lyf fotograaf gehou het.

5. Haar jonger broer, Gabriel Bateman (16), is ook ’n akteur. Hy was in 2014 te sien in die rillerprent Annabelle. Talitha was drie jaar later in die opvolgprent Annabelle: Creation.

EKSTRA BRON: JUSTJARED.COM