M-NET INDIGNATION (Drama)

’n Joodse student wat in 1951 aan ’n Christelike universiteit in Ohio studeer, pas swaar aan. Sy lewe neem ’n wending toe sy pad kruis met dié van ’n ingewikkelde klasmaat wat ewe uitgesluit voel. Dié fliek is gegrond op Philip Roth se gelyknamige boek. Sarah Gadon en Logan Lerman (foto).

DONDERDAG 25 JANUARIE 03:00 2016, 110 MIN, 16ST

E.TV WE BOUGHT A ZOO (Gesin)

’n Verslaggewer en wewenaar van Los Angeles besluit om ná sy vrou se dood ’n sukkelende dieretuin te koop as ’n nuwe tuiste vir hom en sy twee kinders. Hy neem hom dan voor om met die hulp van die opsigter en span wat die diere versorg die dieretuin opnuut in bedryf te stel. Scarlett Johansson en Maggie Elizabeth Jones (foto).

SATERDAG 27 JANUARIE 19:30 2011, 124 MIN, O

M-NET GET OUT (Gruwel)

’n Jong swart man kuier vir die naweek by sy wit meisie se ouers op hul plaas in Alabama. Hulle ontvang hom met ope arms en hy vermoed eers dis net omdat hulle ietwat senuagtig is oor hul dogter se verhouding oor die kleurgrens, maar algaande begin hulle ál vreemder optree. Daniel Kaluuya en Allison Williams (foto).

SATERDAG 27 JANUARIE 21:00 2017, 104 MIN, 16GT

E.TV CARRIE (Gruwel)

Carrie White se lewe is hel. Op skool word die skaam tiener genadeloos afgeknou en tuis word sy boonop deur ’n gelowige fanatikus grootgemaak. Maar sy het ’n geheime talent: Sy is telekineties. Toe sy te ver gedruk word, besluit sy om haar bomenslike krag in te span en wraak te neem. Chloë Grace Moretz en Julianne Moore (foto).

SATERDAG 27 JANUARIE 22:05 2013, 100 MIN, 16GT

E.TV 2 GUNS Aksie.

’n Dwelmbestrydingsagent en intelligensiebeampte werk al ’n jaar lank as geheime agente om ’n berugte dwelmkartel te infiltreer. Hulle is nie een bewus van mekaar se werk nie. Toe hul poging misluk om die Mexikaanse dwelmkartel te infiltreer, moet hulle ’n plan beraam om te oorleef. Denzel Washington en Mark Wahlberg (foto).

SONDAG 28 JANUARIE 20:00 & 02:00 2013, 109 MIN, 16SNGT

M-NET BAYWATCH (Aksie)

Dwayne “The Rock” Johnson (foto) vertolk die ikoniese hoofrol van die lewensredder Mitch Buchannon in dié fliek wat op die bekende TV-reeks gegrond is. Dwelms spoel op die strand uit naby ’n sakevrou se nagklub. Mitch en sy span, wat ’n gevalle Olimpiese swemmer insluit, moet speurder speel. Ook met Zac Efron en Alexandra Daddario.

SONDAG 28 JANUARIE 20:30 2017, 116 MIN, 16GTN

TERUG OP DIE KASSIE

KYKNET & kie

SARA SE GEHEIM

As jy nog nie die eerste seisoen van dié gewilde dramareeks gesien het nie, kan jy nou voor die kassie inskuif om in te haal voor die tweede seisoen in April uitgesaai word. Drie gesinne, die Cloetes, Kiewietse en Vermeulens, word almal deur een persoon verbind, Sara Abrahams (June van Merch, foto), en haar jare lange geheim.

SATERDAE OM 20:00

E.TV

SHADES OF BLUE

In die eerste seisoen van dié misdaaddramareeks is Jennifer Lopez (foto) te sien as die speurder en enkelma Harlee Santos. Harlee is veral toegewy aan haar span en baas, lt. Matt Wozniak (Ray Liotta), maar hulle almal oortree gereeld die wet. Toe ’n FBI-agent haar betrap dat sy oortree, moet sy noodgedwonge teen haar span draai.

MAANDAE OM 20:30