En gemeet aan al die drama, aksie en selfs die oomblikke wat die lagspiere geprikkel het in die vorige seisoen, gaan hierdie reeks jou net so voor die kassie vasgenael hou.

Daar is selfs ’n paar interessante en onverwagte kinkels.

Daar’s nie soos in die vorige reekse net twee stamme wat mekaar gaan probeer uitoorlê en van die eiland af stem nie. Vanjaar is daar drie stamme wat in die temperamentele Samoa nie net die deelnemers aan die reeks nie, maar ook vir moeder Natuur die stryd gaan aansê.

Huisgenoot het met die lede van die drie stamme gesels om uit te vind wat hulle laat laat ‘tiek’ en wat elkeen in die uitmergelende spel van die res onderskei.

Die Ta’alo-stam

Cobus Hugo (28) – argitek van Groenpunt, Kaapstad

Cobus
Cobus

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek het dit vir myself gedoen (die selfsugtigste ding wat ek nog ooit gedoen het) om my vir ’n lang tyd weg van die beskawing te bevind en myself tot in my kern uit te daag.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My vermoë om te onderskei waar jy die spel speel en waar jy die deelnemers speel. O, en my persoonlikheid!

Danté de Villiers (31) – koffiewinkeleienaar van Dwarskersbos, Weskus

Danté
Danté

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Survivor gee my die kans om myself, my lewenservarings en my liefde vir die natuur in ’n kompeterende omgewing te toets. Dis ’n unieke en andersoortige manier om jouself verder te dryf.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My natuurlike vermoë om by enige buitemuurse omgewing aan te pas, of dit nou die strand, oerwoud of berge is. Die feit dat ek gek is oor verskeie buitemuurse aktiwiteite maak my ’n goeie alomspeler.

Felix Godlo (29) – verkoopskonsultant van Garsfontein, Pretoria

Felix
Felix

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Survivor is nie iets wat jy gewoonlik op jou emmerskoplysie neerskryf nie. Maar wanneer die geleentheid opduik, skuif jy al die goed op daardie lysie eenkant en begin ’n Survivor-emmerskoplysie op sy eie.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Die feit dat ek ’n sielkunde-agtergrond en natuurlik die slimste Survivor-aanhanger het: my vrou, Cherise.

Jacques Burger (27) – industriële ingenieur van Queenswood, Pretoria

Jacques
Jacques

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Daar is net mooi niks anders wat jou oorlewings-, geestelike, fisieke en sosiale vaardighede als op een slag beproef soos Survivor nie. Hoekom sal jy nié wil deelneem nie!

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek kan nie op my spiere of sosiale sjarme staatmaak om die speletjie te speel nie. Ek moet dus geestelik sterker wees, deurentyd bewus wees van alles wat rondom my aan die gang is en natuurlik te alle tye ’n tree voor almal wees.  

Meryl Szolkeiwicz (31) – pilates-instrukteur van Irene, Pretoria

Meryl
Meryl

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Die afgelope sewe jaar het my lewe rondom my familie en die grootmaak van my seuns gedraai. Nou, met Survivor, kry ek die geleentheid om op my eie avontuur te gaan. 

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek weet ek het sterk sosiale eienskappe en dat ek mense baie goed kan lees. Ek is ook die enigste vrou in ons gesin, so ek oorleef dus elke dag! Ook, my hare. My hare gaan my beslis laat uitstaan bo die ander.  

Tania Copeland (51) – immigrasiekonsultant van Somerset-Wes, Kaapstad

Tania
Tania

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Om aan myself en my kinders te bewys dat jy nooit te oud is om jouself uit te daag nie.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ouderdom en lewenservaring.

Ting-Ting Wong (25) – dokter van Durban

Ting Ting
Ting Ting

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Vier woorde: diversiteit, insluiting, verteenwoordiging en bemagtiging. As gevolg van die onder-verteenwoordiging van Asiese mense in die wêreldwye media wil ek nie net my afkoms en vaardighede vertoon nie, maar ook die mooi deel van my stryd om as ’n Afri-Asiër groot te word (’n term wat ek self geskep het).   

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek het grootgeword as  ’n Afri-Asiër – ek is gebore in Johannesburg, het in die landelike Oos-Kaap gewoon, skoolgegaan in KwaZulu-Natal en my graad in Kaapstad verwerf.

Ek was gelukkig om aan soveel verskillende kulture en mense blootgestel te word. Dit het my gehelp om ’n passie te ontwikkel vir my werk in die gemeenskap, en natuurlik dra dit ook daartoe by dat ek vinnig met mense ’n konneksie maak en bande smee.

Sa’ula-stam

Lee-Anne van Renen (33) – lewensafrigter van Durbanville, Kaapstad

Lee-Anne
Lee-Anne

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Om uit te vind of ek fisiek net so sterk is as wat ek geestelik is.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek hoop my deernis sal my in die spel hou en dat ek ’n bron van vertroosting sal wees wanneer dinge ’n bietjie taai raak.  

Nathan Castle (25) – mediavervaardiger van Milnerton, Kaapstad

Nathan
Nathan

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir die ervaring, en om myself uit te daag en te sien waartoe ek in staat is.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My vermoë om vriende te maak en mense se vertroue te wen sal beslis ’n groot aanwins vir my wees.

Nicole Capper (34) – aanlyntydskrifeienaar van Fourways, Johannesburg

Nicole
Nicole

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek het vir Survivor SA ingeskryf omdat dit aan twee van die vereistes voldoen wat ek stel vir enige groot besluit wat ek neem: 1. Dis iets wat my die doodskrik op die lyf jaag en 2. Dis iets wat ek nog altyd wou doen.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek het Mev. SA gewen omdat ek nooit probeer het om dit te wees dit waarna hulle gesoek het nie. Ek was my outentieke self met wie mense kon identifiseer.

Ek wil myself bly, in my eie baan beweeg en probeer om nie links of regs te kyk om my rigting te vind nie.  

Robert Bentele (29) – videograaf van Richardsbaai, Kwazulu-Natal

Robert
Robert

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek is gek oor uitdagings en Survivor is al "die grootste spel op aarde" genoem. Ek wou uitvind of ek het wat dit kos om doeltreffend te speel. En ek het ook ingeskryf vir geestelike groei.   

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek is jare lank reeds obsessief met universele/spirituele wette en ek verstaan dit beter as die meeste mense. Ek beplan dus om die energie van die spel te monitor, te beheer en te manipuleer om my die gewenste resultate te besorg.

Sepei Mashugane (40) – entrepreneur van Soweto, Johannesburg

Sepei
Sepei

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

My seun Kgosi'tsile is ’n groot aanhanger van die reeks en wou hê ek moes inskryf. Hy het die eerste deel van die proses aan die gang gesit en eers toe ek gekies is (as ’n deelnemer) het hy vir my gesê die rede hoekom hy my ingeskryf het, is omdat ek sy vegter is.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek is ’n matriarg en ’n leier.  

Steffi Brink (27) – Mej. Namibië 2015 en fiksheidmodel van Glen Austin, Midrand

Steffi
Steffi

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Dit was beslis op my emmerskoplysie. Ek het myself belowe om dit ’n prerogatief te maak om elke ding op daai lysie af te tiek wat ek dink deel van my toekoms is.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek is van plan om die moontlike komponente in te span deur strategies te speel, en my teenstanders sosiaal en fisiek uit te skakel. Ek is ook trots daarop om die gehoor meer van myself te laat sien eerder as die persoon wat ek as Mej. Namibië moes uitbeeld.

Paul Smulders (54) – eiendomsagent van Ruimsig, Johannesburg

Paul
Paul

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Dis ’n ongelooflike uitdaging en geen geld kan ooit die ervaring koop van hoe dit is ’n om skipbreukeling te wees nie!

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Met meer as 25 jaar van eiendomsonderhandelings van miljoene der miljoene rande agter die rug, asook lewenservarings, is ek iemand wat voluit gaan vir dit wat ek wil hê, en dit sal my help om enige take en uitdagings die hoof te bied.  

Tribe Laumei

Durao Mariano (28) – hotelgas-skakelbeampte van Newlands-Oos, Durban

Durao
Durao

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek onthou hoe ek op hoërskool altyd Survivor gekyk het en vir my vriende vertel het my oom (Boston Rob Mariano) gaan wen. Hy het nie daardie reeks gewen nie, maar wel later Redemption Island. Almal het my geglo omdat ons dieselfde van het.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Survivor is een groot speletjie waar jy gespeel sal word as jy nie die spel reg benader nie. En ek gaan beslis die een wees wat die spelery gaan doen.

Geoffrey Cooke-Tenneson (33) –  huisleningskonsultant van Colenso, Kwazulu-Natal

Geoffrey
Geoffrey

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek is ’n groot aanhanger van Survivor en kyk dit al van 2000 toe die eerste seisoen uitgesaai is. Ek het dit toe reeds ’n mikpunt gemaak om eendag deel te wees daarvan.  

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My positiewe ingesteldheid. Om in gedagte te hou dat ek in staat is om absoluut enigiets aan te pak. Met genoeg vasberadenheid sal ek hopelik gemotiveerd genoeg bly om enigiets wat die reeks na my kant toe slinger, te hanteer.  

Laetitia le Roux (58) – verpleegster van Randburg, Johannesburg

Laetitia
Laetitia

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek raak nie jonger nie en ek het besluit om iets te doen wat ek nog altyd wou doen: Survivor. Ek het ingeskryf vir die 7de seisoen – en die paal gehaal.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My volwassenheid, my waarnemingsvermoë en die vermoë om mense se nie-verbale kommunikasie en liggaamstaal te lees. Hulle almal sien my as ’n “ouer mens wat nie juis ’n bedreiging inhou nie” en dis net daar waar hulle die fout maak.

Mike Venter (21) – radioaanbieder van Parkrand, Boksburg

Michael
Michael

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek was drie jaar oud toe ek die eerste seisoen van Survivor gekyk het. Die trane het geloop toe Gervase (Peterson) uitgestem is. Van toe af het die ingewikkeldheid van die spel my geboei.   

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Omdat ek in die radiobedryf werk, is ek baie bewus van wat om my aangaan, en ek is baie berekenend. Ek kan my spel aanpas volgens dit wat kom en my sjarmante geaardheid sal mense se toegeneëntheid ontlok.  

Mamba Molefe (28) – beleggingsanalis van Kaapstad

Mmba
Mmba

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek’s die soort mens wat altyd myself probeer uitdaag omdat ek glo vervulling word nie net in ’n nege-tot-vyf-werk gevind nie, maar ook wanneer ons groei. 

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Dis maklik om verhoudings te vestig en ek probeer altyd akkommoderend wees en begrip toon. Daarom dink ek mense sal my onderskat as ’n bedreiging, veral ’n fisieke of strategiese een. Hulle weet nie dat agter my aansteeklike lag ’n sterk vegtersgees en kompeterende wese skuil nie. 

Rocco van Rooyen (26) – professionele alteet van Stellenberg, Kaapstad

Rocco
Rocco

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

Ek is gek oor uitdagings en om teen ander te kompeteer.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

Ek is gewoond aan ’n kompeterende omgewing en glo ek weet hoe mense se koppe werk.

Rose-Lee Smith (33) – misdaadtoneelanalis van Paulshof, Johannesburg

Rose-Lee
Rose-Lee

Hoekom het jy vir Survivor SA ingeskryf?

My lewe het ’n hele 180 grade ommekeer gehad. Ek was so lui, ongemotiveerd, bedees en versigtig. Tot waar ek genoeg van myself gehad het en begin gim toe gaan en gesond eet het.

Ek het 30 kilo’s verloor en dit het my in ’n avontuurlustige, energieke kansvatter verander. Hoe dan anders as om nou my nuutgevonde vertroue en vaardighede op die proef te stel as met Survivor.

Wat maak jou anders as die ander deelnemers?

My werk as ’n polisiebeampte beteken ek is versigtig oor die geselskap waarin ek my bevind. Ek gaan nie maklik enige storie oor enige alliansies sluk nie. 


Wanneer en waar?

Survivor South Africa: Island of Secrets word op Donderdae om 19:00 op M-Net uitgesaai. Dit sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees.

Ondersteuners en aanhangers kan na  www.mnet.tv/survivorsa gaan en die reeks op Twitter @MNet/#SurvivorSA en die amptelike M-Net Facebook-blad volg om al die vars nuus en gesprekke rondom die reeks eerste te kry.