Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Ser
Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Seretlo

Huisgenoot het verlede maand lesers versoek om in te skryf vir dié mooimaaksessie ter waarde van tot R200 000. Meer as 800 inskrywings is ontvang, maar hier is die wenner nou. 

Dié donkerkopvrou se tande gee haar al jare lank probleme. 

“Ek kners op my tande, so my voorste tande is almal baie korter, en ek het nie meer kiestande oor nie,” sê sy. 

Jegardi se knersery het veroorsaak dat al die emalje op haar tande verweer het, en nie net lyk haar tande sleg nie, dit is ook seer om te eet en drink.

Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Ser
Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Seretlo

“Selfs komkommer is te hard vir my om te eet. En dit is altyd iets wat ek in gedagte moet hou as ons iewers is: ‘Gaan ek dié of daai kan eet of drink?’ Ek wens so ek kan ’n glas water met ys drink sonder dat my tande pyn,” sê sy. 

Jegardi, wat in die toerismebedryf werk, sê dié mooimaaksessie sal haar lewe verander. 

“Ek is eintlik in konstante pyn en ek moet heeltyd dink ‘moenie so groot glimlag nie’, want ek is so bang mense sien my tande,” sê sy. 

Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Ser
Jegardi voor haar mooimaaksessie. Foto: Sharon Seretlo

Dr. Marli Swanevelder en dr. Jurgens Grové het Vrydag aan Jegardi se glimlag begin werk, maar om die resultate van dié sessie te sien, sal kykers nog ’n bietjie moet wag. 

“Ons doen hierdie spesiale ekstra episode omdat ons so baie boodskappe van kykers kry wat regtig ’n behoefte aan ’n mooimaaksessie het. En dis tog ook lekker om dié tyd van die jaar so ’n verskil in iemand se lewe te kan maak,” sê Suné Esterhuizen, ’n woordvoerder vir Via-tv. 

  • Jegardi se storie sal in Huisgenoot se 17 Desember-uitgawe te sien wees, en haar episode, die 14de episode van seisoen twee van Dr. Nou!, word op 14 Desember om 18:00 op Via uitgesaai. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe