Willem is getroud met Amorey (Kristen Raath). Maar al het sy in die sosiale media kwaai deurgeloop, kon Trix darem afstand tussen haar en haar karakter skep.

Trix en Kristen Raath, wat die rol van Amorey vertolk, in ’n toneel. Foto: Verskaf

“As ek myself enigsins aan al die kommentaar moes steur, sou ek nou ’n kwart van die mens wees wat ek ’n maand gelede was,” vertel sy.

Dit is nie maklik wanneer so baie mense kwaad is vir jou karakter nie, maar dit wys jy vertolk die rol goed.

Trix Vivier as Tineke, die Laan se nuwe joga-instruk­trise. Foto: Verskaf

Dit was vir haar belangrik om die rol geloofwaardig uit te beeld sodat dit nie lyk of sy net haar voorkoms gebruik nie. “Jy wil nooit jouself of die ander karakters as tweedimensioneel beskou nie.”