1. Hoekom het Roberto Kyle se karakter, Lee-Roy, in die splinternuwe kykNET & kie-telenovelle Arendsvlei van sy vorige skool op Clanwilliam na die Hoërskool Arendsvlei in Kaapstad geskuif?

A. Sy ouers wou vir hom beter onderrig kry.
B. Hy is by sy vorige skool geboelie.
C. Sy vorige skool het gesluit.

2. Watter voormalige lid van One Direction het onlangs sy debuut as beoordelaar in die Britse sangreeks The X Factor gemaak? 

A. Louis Tomlinson
B. Zayn Malik
C. Liam Payne

3. Watter voormalige plaaslike Idols-wenner is nou ’n aanbieder van die leefstylprogram Pasella op SABC2?

A. Paxton Fielies
B. Sasha-Lee Davids
C. Jody Williams

4. Watter bekende Amerikaanse sangeres werk agter die skerms as uitvoerende vervaardiger van die gewilde Netflix-tienerreeks 13 Rea­sons Why?

A. Miley Cyrus
B. Demi Lovato
C. Selena Gomez

5. Oor watter dier het die outistiese tiener Sam (Keir Gilchrist) in die Netflix-reeks Atypical ’n obsessie ontwikkel?

A. Luiperd
B. Pikkewyn
C. Seekoei

6. Simoné Nortmann is op die kassie in die kykNET-komediereeks Hotel te sien en sy het ook al op die silwerdoek in treffers soos Stroomop en Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, naam gemaak. In watter plaas­like sepie het sy eerste verskyn?

A. As ’n mediese student in Binnelanders
B. As ’n student in Sara Se Geheim
C. As ’n skoolmeisie in 7de Laan

7. In watter supergewilde tienerreeks is Archie Andrews en Betty Cooper karakters?

A. Riverdale
B. Chilling Adventures of Sabrina
C. Teen Wolf

8. Van watter gewilde en bekroonde Amerikaanse sitkom is Grown-ish met Yara Shahidi in die hoofrol as Zoey ’n uitloperreeks?

A. The Big Bang Theory
B. Brooklyn Nine-Nine
C. Black-ish

Jou telling
  • 8 uit 8  Jy is ’n stigterslid van die TV-verslawingsklub!
  • 4 tot 7  Wel, jy geniet televisie en weet ten minste wat die ­akteurs in jou gunstelingreekse se name is.
  • 0 tot 3  Televisie? vra jy. Ja, dis die ding met die skerm wat ­goetertjies en mensies wys.

Antwoorde: 1: B, 2: A, 3: B, 4: C, 5:B, 6: C, 7: A, 8: C