VELDHELDE

VRYDAE OM 17:00 OP VIA

Foto: Verskaf.

Die rugbyspeler Joe Pietersen en sy wildbewaarderbroer, Willie, wys wat dit verg om met wilde diere in die bos van Afrika te werk.

Die broers stel ons bekend aan onder andere die helde wat swoeg om bedreigde spesies te red.

’n Moet vir natuurliefhebbers.


KOM ONS KAMP

VRYDAE OM 17:30 OP VIA

Foto: Verskaf.

Die akteur Paul du Toit, wat veral bekend is vir sy rol as Malan Koster in die sepie Binnelanders, is die aanbieder van dié splinterprogram van VIA se gewilde Kom Ons Braai-reeks.

In elke episode wedywer drie spanne om hul kleim as kampkonings af te steek.


MACGYVER

VRYDAE OM 20:30 OP E.TV

Foto: IMDB.

Die eerste seisoen van dié Amerikaanse aksiereeks, geskoei op die gelyknamige reeks van die tagtigerjare, is nou op e.tv te sien.

Die Amerikaanse akteur Lucas Till speel die titelrol van die katoeterkoning MacGyver, wat in die geheim vir die Amerikaanse regering werk en sy talente inspan om probleme met alledaagse staatmaakdinge soos sy getroue Swiss Army-mes op te los.


SANTA CLARITA DIET

Foto: IMDB.

Dié donker rillerkomedie draai om ’n normale gesin wie se lewe onherroeplik verander toe die ma sterf, as ’n zombie herrys en dan mense begin eet.

Drew Barrymore, van Charlie’s Angels-faam, vertolk die hoofrol as die zombie. Seisoen een en twee van die reeks is tans op die stroomdiens Netflix beskikbaar. Ook met Timothy Olyphant.


Kyk wie’s terug!

DEKATV

WOENSDAE OM 19:30 OP SABC2

Foto: Verskaf.

Die joernaalprogram DEKATV, wat voorheen op SABC3 en kykNET te sien was, skuif nou na SABC2.

Die glanstydskrif DeKat is die inspirasie vir die TV-reeks, wat in sy sesde seisoen is.

Dit fokus op alles van styl en boeke tot kos en kuns.

Die sanger Chris Chameleon is weer die ankeraanbieder.


WESTWORLD

MAANDAE OM 22:00 OP M-NET

Foto: IMDB.

Dié wetenskapsfiksie-rillerreeks, wat op kunsmatige intelligensie fokus, het kykers voor die kassie vasgenael gehou.

Die sterre van die reeks, Jeffrey Wright, Evan Rachel Wood en Thandie Newton en Anthony Hopkins, is almal weer in die tweede seisoen van dié futuristiese reeks te sien. 


BILLIONS

BEGIN MAANDAG 30 APRIL OM 21:00 OP M-NET

Foto: IMDB.

Paul Giamatti en Damian Lewis is terug vir die derde seisoen van dié dramareeks.

Chuck Rhoades (Giamatti) is steeds op die spoor van die arrogante biljoenêr-beleggingsontleder Bobby Axelrod (Lewis).

Die twee bevind hulle weer in ’n stryd om geregtigheid, geld en mag en doen alles in hul vermoë om die ander een te vernietig.