“Die oorspronklike formaat is steeds vir my die beste,” sê die beoordelaar Nic van Wyk, wat ook in die ander reekse uit die Kokkedoor-stal, Koekedoor en Kokkedoortjie, te siene was. 

kokkedoor,kyknet
Die deelnemers is slaggereed vir die uitdaging wat op hulle wag. Foto: Homebrew Films

In Kokkedoor kook gewone mense sonder sjefopleiding – onthoukokke – in spanne saam met mense met formele opleiding – kinkelkokke. 

Die standaard van die deelnemers se kos, en hoe die spanne mekaar wou help en ondersteun, was dié seisoen vir hom ’n hoogtepunt, vertel Nic. 

kokkedoor,kyknet,beoordelaars
Die beoordelaars kuier by ’n deelnemer. Foto: Homebrew Films

“Kos speel so ’n belangrike rol in ons lewe – dit is altyd daar met spesiale geleenthede, swaar tye en mylpale, so ek dink mense vind aanklank daarby,” sê dié sjef oor die program se gewildheid.

Volgens Nic wat self ’n sjef is, is dit soms moeilik om in ’n beoordelaar se skoene te klim. 

kokkedoor,kyknet,nic van wyk,sam woulidge
Die drie beoordelaars, Sam Woulidge, Nic van Wyk en Hetta van Deventer. Foto: Homebrew Films

“Ek dink om te sien hoe mense goed of sleg doen in die stoor terwyl hulle kook is moeilik, want jy kan nie inmeng nie. Jy kan nie help of raad gee of sê iets is besonders lekker nie,” sê hy.

  • Kokkedoor word tot 10 Oktober elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET uitgesaai.