"Ek dink kykers het saam gelag, saam gehuil, saam gehoop en saam kwaad geword. Die karakters is nou al ’n rukkie deel van die kykers se lewe, so enigiets wat met hulle gebeur, voel soos iets wat met iemand gebeur wat jy baie goed ken,” sê hy. 

Kykers kan soos gewoonlik na hope drama in die Nuwejaar uitsien.

“2020 is propvol skokke, trane, mooi oomblikke en oomblikke wat kykers na hul asem sal laat snak. Arendsvlei is uit die eerste rat uit en spring weg met ’n spoed in 2020,” meen Retief wat ook geskryf het aan die gewilde kykNET-dramareeks Alles Malan. 

Ons kyk na die vyf groot skokke wat kykers die afgelope jaar verstom gelaat het. 

1. VALDONIA VIND UIT VAN WAANIE SE ANDER FAMILIE 

Toe die vragmotorbestuurder Waanie Matthews (Maurice Carpede) ná maande se afwesigheid onverwags aan sy gesin se deur kom klop en alles in sy vermoë doen om sy verhouding met sy dogter Chantel (Menicia Sass) en vrou, Valdonia (Gerwen Simon), probeer herstel, sou niemand kon raai dat hy eintlik twee afsonderlike lewens lei nie. 

Valdonia Matthews het onlangs uitgevind haar man het nog 'n gesin. Foto: Penguin Films

Chantel het die skokonthulling gemaak dat haar pa eintlik ’n ander gesin het wat net om die draai van hulle woon. Haar klasmaat Saartjie (Hunter Plaatjies) is toe al die tyd haar suster wat Waanie by sy jare lange meisie Bianca Petersen (Riana Alfreds) het.

Chantel sien hoe haar pa, Waanie, vir Bianca soen. Foto: Penguin Films

2. DAVID SE VERLORE SEUN DAAG OP IN 'ARENDSVLEI'

Dit het onlangs op die lappe gekom dat die voormalige skoolhoof David Abrahams (Oscar Petersen) ’n lang verlore seun het.

Die akteur Danny Ross vertolk die rol van Nathan Koopman in Arendsvlei. Foto: Penguin Films

Nathan Koopman (Danny Ross) is onlangs aangestel as die nuwe biologie onnie by die Hoërskool Arendsvlei. Hy het kort voor sy aanstelling aan die hoof, Beatrice Abrahams (Jolene Martin), onthul dat hy haar oorlede man se seun is. 

Beatrice Abrahams stel Nathan voor aan die res van die gesin. Foto: Penguin Films

3. WENDY STEEL DAVID SE LYK 

Dis geen geheim dat die feeks Wendy Newman (Rehane Abrahams) vir die skokdood van David verantwoordelik is nie. Sy het verlede Desember self die sneller getrek en David in sy kantoor by die skool geskiet.

Wendy en Emile het David se lyk vroeër vanjaar opgegrawe. Foto: Penguin Films

Daarom het sy vroeër vanjaar vir Emile (Christian Bennett) opdrag gegee om David se lyk op te grawe en te verbrand sodat die polisie nie ’n nadoodse ondersoek kan doen nie. 

Dié twee het David se liggaam verbrand. Foto: Penguin Films

4. BEATRICE SE AFFAIR KOM OP DIE LAPPE BY DIE MATRIEKAFSKEID

Wendy het nog altyd alles in haar vermoë gedoen om die Cupido-familie, en veral Beatrice, se lewe hel te maak; daarom het sy probeer om Beatrice by haar man se dood te betrek en agter tralies te sit.

Wendy probeer steeds om Beatrice se lewe hel te maak. Foto: Penguin Films

Sy het soos gewoonlik gekonkel dat ’n stomende video van Beatrice en haar destydse skelmpie, Christopher February (Ernst St. Clair), by die Hoërskool Arendsvlei se matriekafskeid gespeel word - en dit voor geskokte leerders en ouers. Christopher, wat voorheen by die skool as sekretaresse gewerk het, was ten tyde van die matriekafskeid boonop in 'n verhouding met Beatrice se dogter, Samantha (Maria Valente de Almeida). 

’n Stomende video van Beatrice en haar destydse skelmpie Christopher word by die matriekafskeid gespeel. Foto: Penguin Films

5. WESLEY SE SELDOODPOGING

Nadat die hoofseun, Wesley Rossouw (Craig Adriaanse), maande lank oor sy seksualiteit geworstel het en eindelik sy meisie, Debra Newman (Kay Smith), moes vertel het hy's gay, het hy ook later sy eie lewe probeer neem.

Die hoofseun Wesley Rossouw het vir maande oor sy seksualiteit geworstel. Foto: Penguin Films

Wesley, wat aangetrokke was tot Lee-Roy Foster (Roberto Kyle) en later ’n verhouding met hom aangekoop het, was afgepers deur ’n ene Keagan wat ’n foto van die twee verliefdes geneem en versprei het. Hy het eindelik teenoor sy pa, Bradley (Noel Oostendorp), oor sy seksualiteit gebieg en die twee het sedertdien ’n baie goeie verhouding. 

craig adriaanse,akteur,arendsvlei
Wesley het probeer selfdood pleeg. Foto: Penguin Films