“Kouefront? Geen probleem nie. Ons los net dié hier om julle hierdie naweek warm te hou,” het die amptelike Instagram-profiel van die sepie geskerts. 

View this post on Instagram

Cold front? No problem?? We'll just leave this here to warm you up this weekend ?? #7delaan #HillsideHunks #Shawn @deanre_reiners #HappyFriday ??@philliprabie ??@s_i_n92

A post shared by 7de laan (@real7delaan) on

André Lótter (wat Rikus Kingsley speel), Thabo Mhlanga (Kopano Sithole), Deànré Reiners (Shaun Basson) en Clint Aplon (Romeo Petersen) wys lyf op die foto's wat deel vorm van ’n onlangse storielyn in die sepie. 

In dié storielyn is Lana Basson, vertolk deur Mila Guy, ’n passievolle fotograaf, en sy het die foto’s vir die tydskrif Bella Donna geneem. 

In die werklikheid was die fotograaf Philip Rabie agter die lens vir dié vuurwarm fotosessie. 

Loer ’n bietjie hier!