“Hulle het voluit gegaan! Hare, grimering, vroueklere, alles. Hulle was letterlik ’n dag lank in ’n vrou se skoene,” het 7de Laan se woordvoerder, Rosa-Mari le Roux, aan Huisgenoot gesê oor die episode van 9 Augustus.

Benewens dat hulle soos Evas aan­getrek was, het die manne ook respek betoon deur ’n spesiale rapliedjie, Die Vrou, te sing.

“Die storielyn was dat die mans ’n konsert hou om geld vir ’n vroueskuiling in te samel,” het Rosa-Mari verduidelik.

André Lotter lyk byna onherkenbaar in ’n kort rokkie, pruik en hakskoene.
Hennie Jacobs.
André Lotter.
Marcus Muller.
FOTO'S VERSKAF