Die derde seisoen van die gewilde kykNET-sitkom Hotel is pas klaar by die boetiekhotel Kleinkaap in Centurion verfilm – en dit beloof om skreeusnaaks te wees.

Beer Adriaanse (Thomas) is een van die draaiboekskrywers. Foto: Petri Schoeman.

Die Fransen Hotel sal weer die ene moles wees, met bekende gesigte soos die komediant Schalk Bezuidenhout as die hotel se portier (Danny), Beer Adriaanse (Thomas), James Borthwick (Ferdie), Martelize Kolver (Brenda) en Simoné Nortmann (Jony) wat terugkeer.

Van links is James Borthwick, Bennie Fourie en Beer. Foto: Petri Schoeman.

’n Paar nuwe gesigte soos Tim Theron en Kim Cloete sal ook in die reeks verskyn.

Die sitkom se eerste reeks het verlede jaar ’n Saftaprys vir die beste draaiboek ontvang, terwyl Schalk met ’n Safta vir beste manlike byspeler in ’n TV-komedie bekroon is.

Martelize Kolver (Brenda) en De Klerk Oelofse (boer Jaap). Foto: Petri Schoeman.

Hotel 3 word van 2 Januarie 2019 af op kykNET uitgesaai.