Fase twee-borskanker is in Maart verlede jaar by Crystal-Donna, wat die rol van Janice Cupido in die kykNET-telenovelle Arendsvlei vertolk, gediagnoseer. Sy gesels met Minki oor die pad vorentoe nadat sy kanker oorwin het. 

Ná haar diagnose verlede jaar het Crystal-Donna drie biopsies, ’n dubbele mastektomie, vier rondes chemoterapie en 25 rondes bestraling ondergaan. 

View this post on Instagram

Cheeky #diemersdal

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

Die Kaapse aktrise het verlede jaar by die kykNET-Silwerskermfees met Huisgenoot oor haar stryd teen borskanker gesels.

"Ná my operasie [mastektomie] in Mei het ek in Junie met chemo begin. Ek het twee weke ná my operasie gehoor ek gaan chemoterapie ook nodig hê," het sy aan Huisgenoot vertel.

Crystal-Donna, wat ook in die fliek Krotoa te sien was, het vertel hoe oorweldigend dit was om die einde van haar behandeling te bereik. 

“Maar toe ek op daardie bed lê en die masjien draai om my, het die trane uit my oë begin loop. Ek het toe besef watter geweldige reis dit was. Die reis gaan steeds aanhou om gesond te bly. Dit was oorweldigend toe ek besef dis die laaste behandeling, want ek het vir biopsies gegaan sedert verlede jaar, en nou is dit amper 2020. Dit het amper ’n hele jaar gevat. Dit is waaraan ek my tyd afgestaan het," het Crystal vertel.

In die episode met Minki gesels Crystal-Donna ook oor die ondersteuning van haar man, Schalk Cornelessen, met wie sy in 2015 getroud is. 

View this post on Instagram

Portrait of a husband @schalk_cornelessen ??

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

"Ek dink nie dit kan maklik wees om iemand by te staan wat deur so iets gaan nie. Mense vra altyd vir my hoe dit gaan, maar hy is die een wat moet sien waardeur ek gaan. Hy is die een wat my hare geskeer het en vir my gesê het ek is baie lucky, want ek het nie ’n weirdly-shaped head nie. En dit is vir my  ’n blessing om so iemand te hê wat by my bly. Hy is my mens, en hy is my person wat heeltyd by my is om my te help. En dit is dinge soos dit wat my net nog meer krag gee," vertel Crystal-Donna. 

View this post on Instagram

Miss Janice #Arendsvlei

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

Crystal-Donna is onlangs vir ’n SAFTA-toekenning vir beste aktrise in ’n telenovelle benoem. 

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. In samewerking met Finbond Platinum.