Byna 14 jaar gelede kon 7de Laan-aanhangers nie hul oë glo nie. Bart, gespeel deur Neil Sandilands, het dringend 'n nier nodig gehad, maar tyd was min en Bart se kans om een te kry, was skraal.

Dit was toe dat hy in die hospitaal beland het.

Ná 'n lang siekbed het Bart in sy laaste oomblik in Hillside vir Tessa 'n droom verduidelik. 

In dié droom het hy haar vertel dat hulle saam in die paradys is. Dit was oomblikke voor Bart sy laaste asem uitgeblaas het. 

'7de Laan' se Bart en Tessa saam ná 14 jaar. Foto: Pasella/SABC
Van toeka tot nou! Neil en Vicky in Huisgenoot se
Van toeka tot nou! Neil en Vicky in Huisgenoot se 26 Julie 2007 uitgawe. Foto: Verskaf

Nou, jare later, herenig die twee op een van Kaapstad se paradysstrande, Melkbosstrand, in vanaand se episode van die gewilde leefstylprogram op SABC2, Pasella

"Dit was so lekker om te kon opvang en te hoor hoe dit gaan met al sy avonture oorsee en in Hollywood," vertel Vicky.

"Dit was ook eintlik 'n volsirkel-reis vir my," vertel die aanbieder en ma van twee. 


Sedertdien sy tyd in 7de Laan het Neil Hollywood behoorlik ore aangesit. Hy't in gewilde reekse soos die dramareeks The 100 en die superheldreeks The Flash verskyn. 

Hy't ook onlangs in die Tom Hanks-fliek, News of the World, gespeel wat 'n Oscar-benoeming gekry het. Hy gaan ook 'n verskyning maak in die Netflix-reeks Sweet Tooth wat binnekort uitgereik gaan word. 

"Dit was net 'n lekker dag. Dit het nie soos werk nie," vertel Neil.

'n Oomblik waar als bymekaarkom 

Die eerste aflewering van Pasella se 27ste seisoen word afgeskop met 7de Laan se 21ste verjaardag.

"Ek was op die stel om die storie te gaan doen as die presenter, en dit was die eerste keer ná al daardie jare dat ek terug is na die 7de Laan-stel," sê Vicki. 

"Dit was so amazing om met al die ou akteurs te herenig, want jy raak in die tyd wat jy in die sepie speel sulke goeie vriende," vertel sy. 

In dié episode het Vicky en Francois Lensley, wat die rol van Marco Greyling vertolk, 'n insetsel gedoen met die 'old boys' van 7de Laan, soos Vicky hulle beskryf. 

"Ons kry toe daar die kans om 'n storie saam te doen en regtig op te catch," vertel sy. 

Nuwe musiek

Neil Sandilands se debuutlabum word Vrydag uitgere
Neil Sandilands se debuutlabum word Vrydag uitgereik. Foto: Verskaf

Neil gaan ook Vrydag sy debuutalbum uitreik waarby Vicky se man, die musikant Schalk Joubert, betrokke is. 

Schalk speel baskitaar op nege van die 10 liedjies op sy album, en volgens Neil ken hulle mekaar al donkiejare. 

Verder sien Neil baie uit na sy album se uitreiking. "Ek is ontsettend trots op die album en die musikante wat gekom het om dit saam met my te maak," vertel hy. 

"Dis 'n love project, en ek hoop dat die mense wat daarna luister die genot sal voel wat daarin gegaan het," vertel hy.

  • Pasella wys Woensdae om 19:30 op SABC2

Ekstra bron: TVSA.CO.ZA