In VIA se gewilde mooimaak-program Die Skatties kuier die aanbieder, Christi Panagio, en haar span kenners in elke episode saam met een spesiale, dinamiese vrou in die ateljee en transformeer dan hul gas in die styl van ’n ikoniese heldin.

As beloning kry die gas aan die einde van elke episode ’n glansfoto van haarself as dié ikoniese vrou.

“Dié program gaan nie net oor opdollie nie; dis ’n viering van vrouwees,” sê Robert Kaden van VIA.

In die tweede seisoen is Quanita Adams, Cindy Nell-Roberts, Donnalee Roberts en Vicky Davis tot dusver behoorlik getransformeer.

Quanita is gegrimeer en gestileer om soos die Amerikaanse politieke aktivis Angela Davis te lyk, Cindy verteenwoordig die Mexikaanse skilder Frida Kahlo, Donnalee Roberts lyk nes die legendariese aktrise Hedy Lamarr, en Vicky Davis is in die Franse modeontwerper Coco Chanel omtower.

Kyk net hoe mooi lyk hulle!

Christi Panagio.
Quanita is gegrimeer en gestileer om soos die Amerikaanse politieke aktivis Angela Davis te lyk.
Cindy verteenwoordig die Mexikaanse skilder Frida Kahlo.
Donnalee Roberts lyk nes die legendariese aktrise Hedy Lamarr.